Elsabé Daneel is ʼn bekende televisie-aanbieder, televisie- en rolprentaktrise en toneelspeler, en regisseur van talle teaterproduksies. Sy is ʼn produksieleier, regisseur en aanbieder van korporatiewe video's asook dokumentêre programme vir kykNET en M-Net.
As kommunikasie- en mediastrateeg bied sy kommunikasiewerkswinkels getiteld Communication IQ aan. Hierdie prettige en praktiese werkswinkels in kommunik asie- en projeksievaardighede is gerig op korporatiewe kliënte, televisie- en radio-aanbieders, akteurs, openbare sprekers, opvoeders, studente, akademiese personeel, en so meer.
Elsabé gaan in 2024 drie kommunikasiewerkswinkels vir akademiese (doserende) personeel van die Universiteit Stellenbosch aanbied.
Deelnemers kan na die volgende onderwerpe uitsien:
· Begrip van kommunikasie-jargon
· Ontdek die ABC van die kommunikasieproses
· Evalueer jou sterk en swakker punte as ʼn kommunikeerder
· Hoe om kommunikasiemodelle vir jou te laat werk
· Ontdek die tegniese aspekte wat die kommunikasieproses beïnvloed
· Die rol van persoonlike styl
· Die belang van liggaamstaal
· Eksperimenteer met vokalisering
· Ontspanningstegnieke wat werk
· Hoe om jou mondelinge boodskap te verpak
· Die vestiging van goeie verstandhoudings
· Die dinamika van kommunikasie
· Wenke vir uiters doeltreffende kommunikeerders
Wanneer:
19 Julie
12 September
8 November
Tyd:
13:00 tot 17:00
Waar:
Den Bosch, Victoriastraat 39 (oorkant Skuilhoek en agter die Konservatorium)
Daar is slegs 10 plekke per werkswinkel beskikbaar.
Skakel met Claudia Swart (claudias2@sun.ac.za) om jou plek te bespreek!