Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) konferensie
Begin: 30/10/2023, 08:00
Einde: 01/11/2023, 17:00
Kontak:Magriet De Villiers - (021) 808 9905
Plek: Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS)

​Die Universiteit van Stellenbosch (US) se jaarlikse konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) sal op 31 Oktober en 1 November plaasvind. Voorkonferensiewerkswinkels sal op 30 Oktober 2023 aangebied word. Dit is vir ons opwindend om mee te deel dat die konferensie in lewende lywe by die Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS) sal plaasvind. 

Die tema vir hierdie jaar se konferensie is “Akademiese hernuwing vir transformerende onderrig-leer-assessering in diens van die samelewing". Ons as Die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking besef dat kritiese akademiese vernuwing verg dat ons studente in staat sal stel om “die soorte kennis en maniere van kennis dra wat die akademie onderlê" (Boughey 2023; eie vertaling) te verstaan en toe te pas ­ in wese, om epistemologiese toegang te verleen (Morrow 1993). Ons beskou dit as 'n kritiese en kernmandaat van 'n hoëronderwysinstelling wat daarna streef om kennis te bevorder wat in diens van die samelewing is. 

Die hoofrede sal deur Professor Chrissie Boughey gelewer word. Prof Boughey is die afgetrede (2019) Adjunk-visekanselier: Akademiese en Studentesake van Rhodes Universiteit. Sy het jare lank op die terrein van onderrig en leer in die hoër onderwys gewerk. Sy het haar werk uit 'n kritiese oogpunt benader met die doel om sosiale geregtigheid te bevorder. Ál haar publikasies handel oor kritiese sosiale teorie, nes die proefskrifte van die vele doktorale studente vir wie sy as promotor opgetree het. 

Daar sal op verskeie platforms aangekondig word wanneer registrasie in Junie 2023 oopmaak. Vir enige onmiddellike navrae kontak gerus vir Magriet de Villiers by sotl@sun.ac.za.