Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wetenskapskafee: Fantastiese mikrobes en die toekoms van landbou
Begin: 12/10/2022, 18:30
Einde: 12/10/2022, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson -
Plek: US Museum vierkant, Van Ryneveld Straat

Daar is meer as ’n miljard mikrobes in ‘n teelepel grond – daarom beskou wetenskaplikes grond as ’n lewendige organisme. By vanaand se wetenskapskafee by Woordfees, praat Dave Pepler met Prof Karin Jacobs oor hoe die  grondmikrobioom weer lewe kan kry  in die gees van regeneratiewe landbou. Prof Jacobs is verbonde aan die US se Departement Mikrobiologie. 

Die Stellenbosch Wetenskapskafee is ’n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies te voer in ’n taal wat almal kan verstaan. Volg ons op Facebook of stuur 'n epos aan science@sun.ac.za om op hoogte te bly.