Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Research Indaba Reeks: Navorsingdatabestuur
Begin: 02/11/2021, 09:00
Einde: 02/11/2021, 12:00
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

Navorsingsdatabestuur is 'n kernbeginsel van goeie navorsingspraktyke en wetenskaplike integriteit. Dit behels die proses om te beplan hoe navorsingsdata tydens en na 'n navorsingsprojek bestuur sal word en hoe die insameling, verwerking, ontleding, deel, samestelling en hergebruik van navorsingsdata beheer sal word in ooreenstemming met wetgewing, befondsers, inligtingsbestuur en Universiteit vereistes. Die US se navorsingsdatabestuur-regulasies is deel van die Universiteit se raamwerk vir navorsingsbestuur en is in November 2020 deur die Senaat goedgekeur. Hierdie regulasies word tans deur US -navorsers en steundiens-omgewings geïmplementeer.

In hierdie sessie gee die aanbieders 'n oorsig van die bepalings aangaande die regulasies, die verantwoordelikhede van navorsers en steundiens-omgewings en die navorsingsdatabestuur -platforms en hulpmiddels wat beskikbaar is vir navorsers.

 

Verteenwoordigers van die verskillende navorsing steundiens-omgewings wat navorsingsdatabestuur -dienste lewer, en navorsers aan die US sal hul ervaringe met die praktiese implementering van navorsingsdatabestuur deel deur na spesifieke gevalle te verwys.'n Bespreking sal daarna plaasvind.

Aanbieders:

Hilda Kruger, Bestuurder van Navorsing en Sosiale Impak Sisteme by die Informasietegnologie afdeling.

Samuel Simango, Bestuurder van Navorsingsdatabestuur dienste by die Biblioteek- en Inligtingdienste afdeling.

Jerall Toi, Senior Institusionele Informasie beampte by die Afdeling vir Inligtingsoorsigbestuur

Sarita Groenewald, Afdeling Navorsingsontwikkeling

Ollof Esterhuizen, Regsadviseur by die Afdeling Navorsingsontwikkeling 

Naseema Sonday, Regsadviseur by die Afdeling Navorsingsontwikkeling

Gerard Tromp, Professor en bioinformatikus by die Departement Molekulêre Biologie en Menslike Genetika

Albert Strever, Koördineerder: Agri Innovasie en Informatika by die Fakulteit Agriwetenskappe

 

2 November 2021

09:00- 12:00

Registreer: https://bit.ly/30GHNRd