Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wie besluit wat sal in die toekoms onthou word?
Begin: 27/10/2021, 15:00
Einde: 27/10/2021, 16:00
Kontak:Dr Geraldine Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS Teams

​Die Universiteit Stellenbosch Museum nooi jou uit na 'n bespreking oor: Wie besluit wat sal in die toekoms onthou word?

Prof Elena Isayev (Departement Klassieke en Antieke Geskiedenis, Universiteit van Exeter, VK)

Elena Isayev is 'n historikus en argeoloog wat op migrasie, gasvryheid en ontworteling fokus. Sy het daaroor geskryf in Migration Mobility and Place in Ancient Italy (Cambridge 2017), vir die Rooi Kruis en as mederedakteur van Displacement and the Humanities (saam met Evan Jewell). Sy werk saam met kollegas verbonde aan Campus in Camps and Decolonising Architecture (oor die kampus in kampe en die dekolonisering van argitektuur) in Palestina, as lid van die paneel kundiges vir die UNDRR (VN Kantoor vir Ramprisikobeperking) en ICCROM (UNESCO se internasionale sentrum vir bewaring) en as medestigter van AllMaisha om die gapings in die nasiestaatsbestel oor te steek en die rol van kultuur, erfenis en reise in die kollig te plaas. Sy staan tans aan die hoof van Imagining Futures through Un/Archived Pasts – 'n projek van die AHRC (navorsingsraad vir lettere en menswetenskappe), GCRF (navorsingsfonds oor globale uitdagings) Network+ – in die VK en is professor in antieke geskiedenis en plek by die Universiteit van Exeter.

Datum: Woensdag 27 Oktober

Tyd: 15:00 (SAST)

Webinaar: MS Teams

 

Moderator:

Dr Geraldine Frieslaar (Kurator vir Navorsing, Dialoog en Sosiale Geregtigheid, US Museum)

Kliek om te registreer:

JustConversations