Die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap (SSLEOB)
nooi u vriendelik uit na die
SSLEOB se
vyfde verjaardagviering
Deur die jare het die SSLEOB hom toegewy aan studente-ervaring, -bydrae, -samewerking en ontdekking. Ons voorsien die ruimte waar studente verstaan
wie hulle was
wie hulle is
en wie hulle wil wees.
Dit is 'n ruimte van ondervinding, van leer en inspirasie;
'n ruimte waar kritiese denke op hulle bydrae tot maatskaplike geregtigheid toegepas kan word;
'n ruimte wat burgerleierskap aanvuur.
Sluit asseblief by ons aan vir 'n interessante en interaktiewe ondervinding waartydens ons, saam met ons studentegemeenskap, erkenning sal verleen aan die bydraes, samewerking en groei van die SSLEOB oor die afgelope vyf (5) jaar.
Wanneer: Maandag 25 Oktober 2021
Tyd: 14:00-15:00
Waar: Virtuele geleentheid: Klik hier om te bevestig
RSVP teen 21 Oktober 2021
Vriendelike groete,
Me Tonia Overmeyer, Direkteur van die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap (SSLEOB)