Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ingenieurswese-winterweek word aanlyn aangebied
Begin: 23/07/2021, 08:00
Einde: 25/07/2021, 17:00
Kontak:Chrismarie de Wet -
Plek: Ms Teams

​​Die jaarlikse Ingenieurswese Winterweek bied 'n geleentheid aan voornemende studente om te ervaar wat die Universiteit Stellenbosch se Ingenieursfakulteit hulle kan bied.  As gevolg van COVID-19-beperkings gaan ons nie in 2021 'n fisiese Winterweek kan aanbied nie.

Die Winterweek sal hierdie jaar virtueel op MS Teams aangebied word oor die naweek van 23 -25 Julie 2021. Daar sal geen koste verbonde wees aan die bywoning van die Winterweek nie.

 Die naweek sal insluit:

  • inligtingsessies deur dosente van die Fakulteit,
  • inligtingsessies deur professionele ingenieurs uit die bedryf  
  • vraag en antwoord sessies aangebied word deur die Winterweek-komitee
  • inligting oor koshuisverblyf en algemene kampusbedrywighede.

H​ou asseblief ons webwerf dop vir wanneer aansoeke oopmaak en sluit, asook inligting oor ons komitee, ons aktiwiteite, en verdere verrykende bronne.

As jy enige vrae het in verband met die Winterweek, kontak asseblief vir Chrismarí de Wet (direkteur van Winterweek 2021) by 21719659@sun.ac.za.