Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die ontwikkeling van ’n COVID-19 risikovoorspellingsplatform gebaseer op die inhoud van rioolwater
Begin: 19/05/2021, 18:00
Einde: 19/05/2021, 19:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson -
Plek: MS Teams meeting -

Science Café Stellenbosch nooi jou hartlik uit na ons volgende gespreksessie:

Wat as ons 'n vroeë waarskuwingstelsel vir alle tipes aansteeklike siektes in plek sou hê? 

In hierdie Science Café Stellenbosch, sal Prof Wolfgang Preiser en Dr Edward Archer van die Universiteit Stellenbosch (US), en Dr Rabia Johnson van die Mediese Navorsingsraad verduidelik hoe 'n   nasionale netwerk van meer as 60 navorsers verbonde aan 26 instellings saamwerk ten einde 'n afvalwatergebaseerde waarnemingstelsel vir aansteeklike siektes soos SARS-CoV2, te vestig; die wetenskap agter die omgewingsvingerafdruk van hierdie siektes; en of die huidige stelsel in staat is om 'n derde vlaag van COVID-19 te kan voorspel.

Die gespreksessie sal gelei word deur Prof Hugh Patterton, direkteur van die Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie aan die US.

Klik hier om by die gesprek aan te sluit: https://teams.microsoft.com/l/meetup-join/19%3ameeting_N2VjZjdhMDgtYWIyOC00ZmUwLWE5OWEtNzYxZGMyZWM5ZWEw%40thread.v2/0?context=%7b%22Tid%22%3a%22a6fa3b03-0a3c-4258-8433-a120dffcd348%22%2c%22Oid%22%3a%22bcc69cf7-d97f-4bf6-ba3b-96b31caf7fdb%22%7d 

Die Stellenbosch Wetenskapskafee is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in 'n taal wat almal verstaan. ​Volg ons op Facebook ​om op datum te bly met die nuutste gesprekke.