Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die opbou van ’n langtermyn immuniteit teen COVID-19
Begin: 13/08/2020, 13:00
Einde: 13/08/2020, 14:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson -
Plek: MS Teams meeting

​Is teenliggame ons liggame se enigste verweer vir die opbou van weerstand teen die reïnfeksie met COVID-19? Glad nie, voer emeritus-professor Dirk Bellstedt, 'n biochemikus en immunoloog van die Universitei Stellenbosch aan. In hierdie aanlyn Science Café, praat hy oor die verskillende stategieë wat ons immuunsisteem kan inspan teen infeksies, sowel as onlangse navorsing wat toon dat daar inderdaad 'n goeie indikasie is van sellulêre immuniteitsopbou na 'n COVID-19-infeksie. In teenstelling met vorig berigte, beteken dit dat ons immuunstelsel in staat is om die virus te beveg, en dat hierdie meganismes beskerming sal bied teen herinfeksie. Dit is dus tyd om doemprofete van hel en vuur stil te maak, en  is goeie nuus vir diegene wat veg teen tyd om 'n nuwe entstof te ontwikkel.

Meer oor die spreker

Dirk Uwe Bellstedt is 'n emeritus professor in die Departement Biochemie by die Universiteit Stellenbosch. Vir die afgelope 35 jaar het hy in die veld van evolusionêre biologie,  wat virale evolusie insluit, gewerk. Sy navorsing oor die ontwikkeling van metodes vir die  opsporing van immuunresponses op entstowwe in eksperimentele diere en volstruise het aanleiding gegee tot optimale inentingskedules teen die virus wat Newcastle se siekte veroorsaak en 'n teenmiddel  teen mikoplasma-infeksies.  Hierdie navorsingsveld word voortgesit onder die leierskap van een van sy voormalige doktorale studente, Dr Annelise Botes. Sedert die 1980s het immunologie as studieveld op groot skaal uitgebrei, met Nobel Pryse wat in 1984, 1987, 1996 en 2018 toegeken is vir deurbrake op hierdie navorsingsgebied. Hierdie ontwikkelings het immunoloë  betekenisvolle  insig gegee in die huidige COVID-19 epidemie.

Formaat: MS Teams Meeting

Registreer hier: Join Microsoft Teams Meeting

Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies in die openbare sfeer aan te moedig.