Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wiskundige strukture in kuns: die werk van MC Escher
Begin: 22/02/2018, 19:00
Einde: 22/02/2018, 20:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: GUS (Gallery University Stellenbosch), c/o Dorp and Bird Streets

​Die Nederlandse kunstenaar Maurits Cornelis Escher (1898-1972) se tekeninge van onmoontlike wêrelde en herhalende vorms is gebaseer op diepgaande onderliggende wiskundige idees and strukture. Selfs al het hy geen formele opleiding in Wiskunde gehad nie, is dit duidelik dat hy 'n diepgaande intuïtiewe begrip daarvan gehad het.  In hierdie Science Café Stellenbosch praatjie, gesels Florian Breuer oor daardie wiskundige idees wat deur nie-wiskundiges verstaan en waardeer kan word.

Meer oor die spreker

Prof Florian Breuer is 'n wiskundige in die Departement Wiskundige Wetenskappe. Hy werk in Getalleteorie, en meer spesifiek Wiskundige meetkunde waar hy fokus op elliptiese kurwes, Drinfeld modules, Drinfeld modulêre vorme en verwante onderwerpe. In sy vrye tyd beoefen hy graag fotografie. ​

Science Café Stellenbosch is ’n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare bespreking van die natuur wetenskappe aan te moedig en dit in ’n taal wat almal kan verstaan. Toegang is gratis maar sitplekke is beperk, so kom asseblief vroegtydig om ’n goeie sitplek te verseker.