Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
IT-onderhoud: Naweek van 17 tot 20 Julie

Informasietegnologie sal gedurende die naweek van 17 Julie geskeduleerde onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur. Gevolglik sal daar tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.

Kwartaallikse, geskeduleerde onderhoud vind plaas vanaf 17:00 Vrydag, 17 Julie tot 08:00 Maandag, 20 Julie. Verskeie IT dienste en stelsels word hierdeur geraak en kan gedeeltelik of in geheel nie beskikbaar wees nie. Weens die omvangryke onderhoud en die noodsaaklikheid vir deeglike toetsing van stelsels en dienste kan onderbrekings Maandag ook voortduur.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk. Vir navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.