Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eksamenopsieners benodig

Doen aansoek vir opsienersdiens by Junie 2019-eksamens

Indien u graag as 'n opsiener diens wil doen tydens die US-eksamens vanaf Dinsdag 21 Mei 2019 tot Vrydag 28 Junie 2019, het u nou geleentheid om aansoek te doen tot Donderdag 11 April 2019.

Minimum kwalifikasie Matriek, maar voorkeur sal verleen word aan gegradueerde US personeel en nagraadse studente. Voorgraadse studente kwalifiseer ongelukkig nie. Doserende personeel moet toestemming van hul Dekaan verkry, maar geen vakansieverlof hoef aangevra te word nie.

Vergoeding beloop R76,00 per uur, plus 'n addisionele halfuur per eksamensessie vir opsieners, en 'n addisionele twee ure per eksamensessie vir konvenors. Vergoeding vir alle toesighouding vir die twee eksamengeleenthede sal einde Julie 2019 betaal word.

Aansoekvorms is beskikbaar by die Inligtingstoonbank, Admin A. Sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 11 April 2019 om 16:00. Inlewering van 'n aansoekvorm waarborg nie aanstelling nie.

Kontak Miriam Walters by 021 8089111 vir verdere navrae.