Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie 2024
Begin: 02/07/2024, 11:00
Einde: 14/10/2024, 11:00
Kontak:Magriet de Villiers -
Plek: Protea Hotel by Marriott Stellenbosch, Technopark

​​​Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking kondig graag die 17de aanbieding van die jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)-konferensie aan. Dit sal plaasvind vanaf 4 – 6 November 2024 by die Protea Hotel by Marriott Stellenbosch in Technopark. Die interne konferensie is gratis is en bywoning is uitsluitlik  vir Universiteit Stellenbosch personeel. 

Dié jaar se tema is Ter wille van geïntegreerde studentesukses: die verkenning van OLA-konseptualiserings en -praktyke aan die US. ʼn Hoofredepaneel bestaande uit studente word ingesluit en gekeurde studenteverteenwoordigers sal ook genooi word om die hele konferensie by te woon en insette te lewer. Van praktiese klaskamervoorbeelde tot vakkundige navorsing tot voorgenome OLA-idees en -projekte – ons sien daarna uit om ons begrip en praktyk van geïntegreerde studentesukses uit te brei, en om te leer en te deel.

Konferensie en voorkonferenskiewerkwsinkel inskrywings vind plaas tot 14 Oktober om 17:00. Gaan gerus na die webblad vir meer inligting: Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie 2024 | Universiteit Stellenbosch | 4 – 6 November (sun.ac.za)