Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Elsevier Outeurwerkswinkels 4 & 5 September
Begin: 23/08/2023, 12:00
Einde: 05/09/2023, 12:00
Kontak:Kirchner van Deventer - 0218082623
Plek: Stellenbosch University Library



Ons nooi jou na 'n Elsevier Outeurswerkswinkel op 4 September (met 'n herhaling op 5 September) in die US Biblioteek se ouditorium. Die eerste sessie sal elke dag van 11:00 tot 13:00 aangebied word, gevolg deur 'n praktiese sessie van 14:00 tot 16:00. Die werkswinkels sal slegs in persoon plaasvind, maar ons sal dit ook opneem en op aanvraag beskikbaar stel. Hier onder is meer inligting oor wat gedek sal word:

Doeltreffendheid in die Navorsingsproses

  • Stap 1: Leer hoe om 'n doeltreffende Boole-soekstring te skep wat meer relevante soekresultate sal lewer
  • Stap 2: Beoordeling van 'n onderwerp en dokument. Stel vas hoe goed 'n onderwerp aangehaal word, hoe om gons- sleutelwoorde vir doeltreffende soektogte te identifiseer, hoe om die sigbaarheid van jou artikel(s) te verhoog en hoe om die impak van navorsingsuitsette te evalueer
  • Stap 3: Hoe om 'n leeslys van relevante literatuur te skep, outeurs te vind en potensiële medewerkers of mentors te identifiseer
  • Stap 4: Hoe om op hoogte te bly van jou onderwerp
  • Stap 5: Die eienskappe van betroubare literatuur

Die kies van 'n tydskrif en Outeurprofiele

  • Stap 1: Die opstel van 'n kortlys van moontlike tydskrifte
  • Stap 2:Hoe sitaatanalise werk, die eindredaksie van 'n tydskrif, publikasie-opsies (Oop Toegang/Intekening)
  • Stap 3: Beoordeling van 'n tydskrif se doel en bestek
  • Stap 4: Rooftydskrifte
  • Stap 5: Hoe om outeurs te vind en hoe om jou eie outeursprofiel op te dateer

Wenke vir die publiseer van 'n tydskrifartikel

  • Stap 1: Algemene moets en moenies
  • Stap 2: Publikasiefooie, publikasie-opsies (Oop Toegang/Intekening)
  • Stap 3: Sigbaarheid, soekenjin vindbaarheid en kykertal
  • Stap 4: Die strukturering van 'n artikel
  • Stap 5: Portuurbeoordeling en hoe om 'n portuurbeoordelaar te word

Om te registreer, klik op die toepaslike skakel:

Ons sien daarna uit om jou daar te sien!