Het jy al ooit ʼn fantastiese leerervaring aangebied, maar jou studente het jou steeds onbegrypend aangegaap? Jy is nie alleen nie. Dit gebeur met die beste dosente. Hoe kan ʼn mens sin maak van waarom studente nie sin maak nie? In hierdie Auxin bespreek
dr Hanelie Adendorff die legitimasiekodeteorie (LKT) as ʼn analitiese raamwerk wat aan akademici toegang verleen tot die diskoers oor vakkundige onderrig, leer en assessering.
The Spreker
Dr Hanelie Adendorff is ʼn hoëronderwysadviseur by die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Onderrig en Leer en werk reeds sedert 2002 op die gebied van akademiese ontwikkeling. Sy stel veral belang in hoe studenteleer deur onderrigpraktyke ondersteun word.
Navrae & Bespreking
Jean Farmer
jeanlee@sun.ac.za
021 808 3717