Sluit by die Departement Afrikaans en Nederlands aan vir ’n middaguurlesing deur prof Mirella Agorni (Universiteit van Venesië, Kampus Foscari) getiteld “Women translating science in the 18th century”.
Prof Agorni het ’n PhD in Vertaalkunde van die Universiteit van Warrick (VK) en doseer toegepaste vertaling en vertaalteorie op die Foscari-kampus van die Universiteit van Venesië. Haar navorsingsbelangstellings wentel om vertaalgeskiedenis, vertaalteorie, en vertaling en toerisme.
Kontak Lenelle Foster vir die Teams-skakel.