Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kom saam op 'n herwinningstoer
Begin: 16/03/2023, 11:00
Einde: 16/03/2023, 12:00
Kontak:Christine Groenewald -
Plek: Material recovery facility Welgevallen, Coetzenburg

Om bewustheid te skep oor Wêreld Herwinningsdag (18 Maart) en die herwinningsproses op die US kampus, nooi ons jou graag uit om een van Fasiliteitsbestuur se twee toere by te woon. 

Na ons materiaal herwinningsfasiliteit by die Welgevallenplaas op Coetzenburg: 

Datum: Donderdag, 16 Maart, 11:00 – 12:00

Vervoer is beskikbaar vanaf die Konservatorium se busstop. 

Spasie is beperk, RSVP aan clgroenewald@sun.ac.za

 

Na die Neelsie se afval-sorteringskamer:

Datum: Vrydag, 17 Maart, 11:00- 11:45

Ontmoet by die laaigebeid tussen die Neelsie, Merensky en Jan Mouton geboue.

Spasie is beperk, RSVP aan clgroenewald@sun.ac.za

 

Ons het ook 'n inligtingstalletjie by die Box Gallery aan die voorkant van die  AI Perold gebou oor etenstyd op  Vrydag, 17 Maart. Kom loer in en gesels met ons span terwyl jy ook jou herwinningskennis kan toets.