Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
isiXhosa 123 vir beginners
Begin: 08/10/2022, 09:00
Einde: 26/11/2022, 11:30
Kontak:Helga Sykstus - 021 808 4004
Plek: Seminar Room of the Language Centre, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch

Waarop fokus hierdie kursus?

Hierdie interaktiewe kortkursus sal jou bekendstel aan basiese en funksionele isiXhosa vir gebruik in sosiale kontekste. Jy sal isiXhosa woordeskat verwerf vir basiese kommunikasie deurdat werklike situasies in die kursus aangewend word vir die gebruik van outentieke taal.   

Die kursus bestaan uit interaktiewe sessies aangesig tot aangesig waartydens die aanbieder die basiese grammatikale aspekte van isiXhosa onderrig. Tesame hiermee word basiese woordeskat aangeleer deur middel van praktiese inoefening. Dit sal jou in staat stel om aan basiese alledaagse gesprekke deel te neem.

Ons sal van jou verwag om die taal te oefen met behulp van materiaal en aanlynaktiwiteite, en om in pare of klein groepies te werk waar julle mekaar kan reghelp en aanspoor. Al die aangesig tot aangesig sessies word deur ʼn ervare aanbieder gefasiliteer, en kursusmateriaal is in Engels beskikbaar.

Die kursus sal jou help om:

  • te groet en jouself voor te stel
  • basiese persoonlike inligting te voorsien
  • basiese vrae te stel en ook op vrae te kan reageer
  • ʼn basiese gesprek met ander isiXhosa moedertaalsprekers te hê
  • basiese woordeskat wat met die alledaagse lewe verband hou, te gebruik.

'n Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie is die aanbieders?

Jana Nel het haar onderwysloopbaan by 'n Suid-Afrikaanse meertalige en multi-kulturele laerskool begin. Sy het daarna as dosent by die Universiteit van Stellenbosch se Opvoedkunde Fakulteit begin, waar sy isiXhosa as 'n taal van gespreksbevoegdheid aan alle onderwysstudente onderrig. Haar pad met isiXhosa het informeel reeds op die ouderdom van agt jaar begin waarna sy formeel op universiteit in isiXhosa gespesialiseer het.

Sy is 'n entoesiastiese en passievolle dosent en glo dat jy deur die aanleer van 'n Afrikataal, soos isiXhosa, jouself bemagtig om met jou mede-Suid-Afrikaners op 'n dieper vlak te kan skakel. Nelson Mandela het gesê: “When you speak to a man in a language that he understands, it goes to his head. When you speak to him in his language, it goes to his heart." Sy is passievol om hierdie filosofie uit te leef en haar studente en kliënte te inspireer om deur middel van taal die harte van ons gemeenskappe te raak. 

Wie kan die kursus bywoon?

Hierdie kursus is gemik op lede van die publiek. Beginnersprekers van isiXhosa wat graag basiese grammatika en woordeskat wil aanleer om sosiaal te kommunikeer, moet vir hierdie interaktiewe taalkursus registreer. 

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die kontaksessies word deur 'n aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal 'n rekenaar en betroubare webblaaier benodig wat ons aanlyn platform (SUNOnline) kan hanteer.

Waar en wanneer vind dit plaas?

Die kursus word op Saterdae van 9:00-11:30 aangebied. Die 8 aangesig tot aangesig sessies word by die Seminaarlokaal van die Taalsentrum, Kleinebosch, Banhoekweg 22, Stellenbosch op die volgende datums aangebied:  

Registreer teen​

Aangesig tot aangesig sessies
05 Oktober8, 15, 22, 29 Oktober, 5, 12, 19 & 26 November

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg bestee:

  • een aangesig tot aangesig sessie per week van twee uur elk
  • ongeveer een uur per week vir outonome leer en aanlynaktiwiteite

Stel jy belang?

Volg die skakel na die inskrywingsvorm indien jy belangstel om vir hierdie kursus te registreer: Application Form (sun.ac.za)

Enige verdere vrae?

Skakel met Helga Sykstus vir meer besonderhede by languagelearninghub@sun.ac.za.

Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.