Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Die balans tussen dissipline-spesifieke navorsing en ‘n akademiese begronding in leer en onderrig
Begin: 23/03/2021, 12:45
Einde: 23/03/2021, 13:45
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717​
Plek: MSTeams during lockdown

Balans tussen AvOL en dissiplinêr​​e navorsing​

In Februarie se Auxin saam met Prof Susan van Schalkwyk het ons die verskeie rolle van die akademikus bespreek.  Robbie vat daardie punt verder:
“Die geleentheid wat ons het om die landskap van leer en studenteontwikkeling te ondersoek, kan maklik misgekyk word as ons fokus op ons vaknavorsing is. Dalk sal hierdie bespreking demonstreer dat ʼn mens nie hoef te kies nie; ʼn mens kan akademiese onderrig en vakspesifieke navorsing balanseer.
 
“As universiteitsdosente word van ons verwag om meer as een ding te wees: om uitstekende navorsers op ons spesifieke gebied te wees, om toesig te hou oor studente hierin en hulle te laat gradueer, en om invloedryke, vernuwende navorsing te publiseer. Maar daar word ook van ons verwag om voorgraadse kursusse aan te bied; ʼn taak wat dikwels ʼn heeltemal ander verstandsruimte as ons vakwerk beset.
 
“ʼn Mens kan beslis ʼn utstekende dosent wees en vaardige, gemotiveerde voorgraadse studente met insig ontwikkel, sonder om oorweging aan die akademieskap van hierdie daad te skenk. Die weetgierige intellek kan egter wonder hoe ʼn mens jou doel van die bemagtiging van die volgende groep gegradueerdes beter kan bereik.
 
“In hierdie aanbieding sal ek my eie reis in hoër opvoeding deel, en bespreek hoe ek van ʼn ‘tegnikus van opvoeding’ na ʼn ‘vakkundige van opvoeding’ verander het, en terselfdertyd ʼn vol vaknavorsingsprogram gehanteer het.
 
“Ek sal voorbeelde van die toepassing van die akademieskap van onderrig en leer deur my en my kollegas in die Departement Prosesingenieurswese gebruik om ʼn betoog te lewer vir vakgefokusde navorsers om na te dink oor hulle onderrig en hulle nagraadse toesighouding, en hulle weetgierigheid hierin vrye teuels te gee.” 


Sp​​reker

​ A/Prof Robbie Pott, Senior Dosent: Departement Prosesingenieurswese 

​Robbie Pott is ʼn medeprofessor in die Departement Prosesingenieurswese aan die US. Hy voltooi sy voorgraadse graad in chemiese ingenieurswese aan die Universiteit Kaapstad (UK), waarna hy aan Cambridge in die Verenigde Koninkryk sy PhD behaal. Vir sy PhD kombineer hy vaardighede in ingenieurswese en molekulêre biologie. Hy laat die kroeë en koue weer van die Verenigde Koninkryk agter en keer vir ʼn rukkie as ʼn nadoktorale student na die UK terug, waar hy help om ʼn alge-gebaseerde plaasvervanger vir blou voedselkleursel te ontwikkel. Hy sluit in 2015 by die Universiteit Stellenbosch aan, en ontwikkel ʼn produktiewe navorsingsgroep in bioproses-ingenieurswese, met uitstekende nagraadse navorsers. In 2019 ontvang hy die US se Toekenning vir Voortreflike Onderrig in die kategorie vir ontwikkelende opvoeders. Sy vaknavorsing fokus op die ontwikkeling van ongewone nuwe bioprosesse vir industriële toepassing, terwyl sy onderrignavorsing verband hou met durf en sukses by nagraadse studente, en die verband tussen teorie en praktyk by voorgraadse studente.


Plek: Microsoft Team​​​s meeting

Join on your computer or mobile app

​Klik hierdie skakel om by te woon

Join with a video conferencing device
529319312@t.plcm.vc
Video Conference ID: 127 696 814 7
Alternate VTC dialing instructions
Learn More | Meeting options


Besprekings: Lucy Lucks
 021 808 3717