Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Vakkundigheid, vakkundige onderrig en die akademieskap van onderrig en leer (AvOL): implikasies vir die professorskorps
Begin: 23/02/2021, 12:45
Einde: 23/02/2021, 13:45
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717
Plek: MSTeams - details below

Onderwerp

Die Universiteit Stellenbosch se Leer- en Onderrigbeleid (2018) beskryf nadenkende praktisyns, wat ontwikkel tot vakkundige opvoeders, onderwysvakkundiges en uiteindelik toonaangewende onderwysvakkundiges. Sodanige toonaangewende onderwysvakkundiges word beskryf as diegene wat “deur publikasie tot bestaande onderrig- en leerkennis bydra en institusionele, nasionale en internasionale leierskap op die gebied van onderrigpraktyk bied". Die Universiteit het groeigeleenthede geskep om hierdie vordering te steun, waaronder die Akademieskap van Onderrig en Leer-konferensie (AvOL-), die US se Toekennings vir Voortreflike Onderrig en die Onderriggenootskappe. Hiermee volg die US die internasionale tendense wat vra dat die onderrigrol in hoër opvoeding geprofessionaliseer moet word. 

As vakgebied is die AvOL egter kompleks en word dit betwis en selfs gekritiseer. Daar is ook nie konsensus oor die term 'akademieskap' nie, wat ʼn duidelike omskrywing daarvan ontwykend maak. Hierdie Auxin sal hierdie terme diepgaande verken en die AvOL as ondernemingsgebied hersien. Ons bespreking sal gerig word deur die werk wat voorheen aan die US gedoen is (Adendorff, 2011; Van Schalkwyk, Cilliers, Adendorff, Cattell & Herman, 2013), en ʼn meer onlangse studie wat gepoog het om ʼn kontemporêre definisie van akademieskap vas te stel (Cleland, Jamieson, Kursurkar, Ramani, Wilkinson & Van Schalkwyk, ter perse). Ons sal die verwantskap tussen vakkundige onderrig, die AvOL en vakkundigheid in die konteks van die huidige hoër-onderwyslandskap ondersoek. Uiteindelik sal ons besin oor die Beleid se oproep tot akademiese onderneming – die implikasies van hierdie oproep en die verantwoordelikheid wat dit meebring – terwyl ons streef na die verbetering van onderrig en leer aan die US.

Spreker

Susan van Schalkwyk, M Phil, PhD, is Professor in Gesondheidsberoepe Onderwys en Direkteur van die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Haar navorsingsbelangstellings dek ʼn verskeidenheid onderwerpe wat met leer en onderrig in die gesondheidsberoepe verband hou, met die versterking van nagraadse studies en akademiese skryfwerk as die spesifieke fokus. Baie van haar werk word gerig deur die beginsels van transformatiewe leerteorie, en die huidige projekte poog doelbewus om ʼn agenda van maatskaplike geregtigheid na te streef. Susan is ʼn US-onderriggenoot en ʼn genoot van die Internasionale Vereniging van Mediese Opvoedkundiges (AMEE). Sy is die skrywer of medeskrywer van meer as 80 gerefereerde artikels en boekhoofstukke.


Plek

​​Kliek hier ​om Auxin by te woon op MSTeams

Learn more about Teams
​Join with a video conferencing device
529319312@t.plcm.vc VTC Conference ID: 1256952116
Alternate VTC dialing instructions ​​


Besprekings​

Lucy Lucks
 021 808 3717

Navrae

gdullaart@sun.ac.z​a​​​