Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Professionele kommunikasie
Begin: 19/10/2022, 09:00
Einde: 04/11/2022, 16:00
Kontak:Michelle Pieters - 0218082812
Plek: Online OR a one-day short course from 09:00 to 16:00

Waarop fokus hierdie kortkursus?

Hierdie aanlyn kortkursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, bied ʼn inleiding tot die spesifieke kommunikasiekennis en -vaardighede wat ʼn mens nodig het om kommunikasieverwante take suksesvol af te handel.

Na afloop van die kortkursus, sal jy:

  • boodskappe kan ontleed deur ʼn metode bekend as die vierkant-kommunikasiemodel in te span
  • die betoog in kommunikasieboodskappe kan herken en krities kan beoordeel
  • jou mondelinge aanbiedings selfs boeiender kan maak
  • vir effektiewer professionele gesprekke kan voorberei en hulle optimaal struktureer

ʼn Sertifikaat van bywoning sal aan alle deelnemers uitgereik word. 

Wie is die aanbieder?

Prof Carel Jansen is ʼn emeritusprofessor in Kommunikasie- en Inligtingstudies aan die Universiteit van Groningen se Fakulteit Lettere in Nederland. Hy is ook ʼn US Taalsentrum-navorsingsgenoot. Lees meer oor hom hier: http://bit.ly/31MnpJx

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

As jy duidelike en praktiese riglyne soek om besigheidskommunikasie met selfvertoue aan te pak, dan is hierdie die kortkursus vir jou!

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal ʼn rekenaar moet hê wat ons aanlyn platforms (MS Teams, Zoom en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep. 

Waar en wanneer vind dit plaas?

Ons bied hierdie kortkursus gedurende twee oggendsessies tussen 09:00 en 12:00 aan. Dit vind plaas in die Taalsentrum se Seminaarkamer by Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch. Die volgende kursusdatums is 2 en 9 November 2022.

Indien kontakkursusse nie moontlik is nie, word hierdie kursus aanlyn aangebied. Ons hibriede kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Hierdie kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Regstreekse aanlyn sessies
(09:00 tot 10:30)
OF

Twee oggendsessies

(09:00 tot 12:00)

Skryf in voor
19 Oktober tot 4 November24, 26 en 31 Oktober, en 2 November2 en 9 November10 Oktober
Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

  • twee regstreekse aanlyn sessies per week van 1.5 uur elk OF twee oggendsessies van 3 ure elk
  • ·​ongeveer agt uur per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

Stel jy belang?

Klik hier https://bit.ly/2022_PROF_Infopage_forms en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.​

Enige verdere vrae?​

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.