Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnemende kommunikasie
Begin: 30/08/2022, 09:00
Einde: 11/10/2022, 11:00
Kontak:Michelle Pieters - 0218082812
Plek: Online

Waarop fokus hierdie kursus?

Hierdie aanlyn kursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, help deelnemers om doeltreffend te kommunikeer, met die klem op geskrewe kommunikasie.

Deur skriftelike kommunikasie van ʼn hoë gehalte te lewer, dra jy outomaties by tot die professionele beeld van jou maatskappy. Hierdie aanlyn kursus help deelnemers om meer doeltreffend te kommunikeer, met die klem op geskrewe kommunikasie.

·     Jy sal die vaardighede aanleer en selfvertroue opbou om doeltreffend in Engels te kommunikeer.

·     Jy word gelei om ʼn verskeidenheid duidelike, bondige en professionele dokumente te skryf.

·     Ons kyk na taalgebruik, trant en formaliteit, sinstruktuur, doelgerigtheid, lesers se behoeftes en die skryfproses.

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie kan kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

Hierdie aanlyn kursus is vir jou bedoel as jy nie 'n eerstetaalspreker van Engels is nie, maar in ʼn werksomgewing funksioneer waar Engels gebruik word. Veral as tale nie die hooffokus van jou studies was nie, maar skryfwerk wel deel van jou daaglikse take is.

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal ʼn rekenaar en betroubare web soekenjin benodig wat ons aanlyn platforms (MS Teams en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep. 

Waar en wanneer vind dit plaas?

Ons hibriede kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Hierdie kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.​

 

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Regstreekse aanlyn sessies
(09:00 tot 11:00)
Skryf in voor​
Kursus 2:30 Augustus tot 11 Oktober6, 13, 20 en 27 September29 Augustus

​Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

·       een regstreekse aanlyn sessie per week van twee uur elk

·       ongeveer agt uur per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

Stel jy belang?

Klik hier https://bit.ly/2022_COMM_Infopage_forms en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.​