Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Genetiese toetse: waardevolle selfkennis of slangolie-slenter
Begin: 12/03/2020, 18:30
Einde: 12/03/2020, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Die Plataan, Woordfees

Genetiese toetse is vandag meer bekostigbaar as ooit tevore – ook hier in Suid-Afrika. Wanneer is dit sinvol om meer van jou genetiese samestelling te weet? Tydens die laaste Science Café Stellenbosch by Woordfees 2020 gesels Jannie Hofmeyr met die genetici Professors Soraya Bardien en Craig Kinnear, asook die stigter en direkteur van die maatskappy Genediagnostics, Professor Monique Zaahl.

Science Café Stellenbosch is ʼn inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in ʼn taal wat almal kan verstaan. Bly op hoogte van toekomstige praatjies via ons Facebook blad, of stuur 'n epos aan sciencecafe@sun.ac.za om op ons verspreidingslys te kom.