Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Heuningbos se storie: vanaf die Langkloof tot wêreldklas tee
Begin: 11/03/2020, 18:30
Einde: 11/03/2020, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Die Plataan, Woordfees

​Heuningtee, suikertee, swartbergtee, boertee, bostee, bergtee. Teen die middel van die 18e eeu was heuningbos by uitstek die tee van voorkeur in die Kaap de Goeie Hoop. Kom geniet 'n glasie heuningbos-ystee saam met ons terwyl Jannie Hofmeyr gesels met Prof Lizette Joubert en Dr Cecilia Bester van die Landbounavorsingsraad oor die vestiging van 'n heuningbostee-industrie in Suid-Afrika. Prof Ann Louw, biochemikus, gaan vertel van haar navorsing oor die kankerwerende eienskappe van dié besonderse inheemse plant. 

Science Café Stellenbosch is in inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in 'n taal wat almal kan verstaan. Gedurende Woordfees vind die gesprekke by Die Plataan plaas. Toegang is gratis, maar kom betyds om 'n goeie sitplek te verseker.

​Volg ons op Facebook om op hoogte te bly van die jaar se praatjies, of stuur 'n epos aan sciencecafe@sun.ac.za