Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Raak wetenskaplike publikasie onbekostigbaar? ’n Bewysgebaseerde gesprek oor die implikasies van ’n Europese Plan S vir Suid-Afrikaanse navorsing
Begin: 24/10/2019, 17:30
Einde: 24/10/2019, 19:30
Kontak:Bronwyn Bruton - 021-808 9528
Plek: Auditorium, Stellenbosch University Library, Victoria & Ryneveld Streets

Die Wetenskapakademie van Suid-Afrika (ASSAf), in samewerking met die Universiteit Stellenbosch (Biblioteek- en Inligtingsdiens) nooi u vriendelik uit na die ASSAf presidensiële beraad: wetenskap, vakgeleerdheid en samelewing oor die onderwerp

Raak wetenskaplike publikasie onbekostigbaar?

’n Bewysgebaseerde gesprek oor die implikasies van ’n Europese Plan S vir Suid-Afrikaanse navorsing

Plan S is ’n inisiatief vir ooptoegangpublikasie wat in 2018 deur Science Europe van stapel gestuur is met die doel om volle en onmiddellike oop toegang ’n werklikheid te maak. Die inisiatief se implementeringsriglyne word egter gekritiseer en kommersiële uitgewers sowel as uitgewers verbonde aan professionele verenigings is besorg oor die oorgang na hierdie model. Hoe moet Suid-Afrikaanse instellings die implikasies van Plan S aanpak? Presies wat gaan die potensiële impak op navorsers en institusionele begrotings wees? Gaan Plan S nie net die struikelblok van leestoegang vervang met ’n struikelblok tot outeurskap nie? Die beraad is een van vele pogings om hierdie omstrede saak en verwante kwessies te probeer verstaan. Lees meer oor die onderwerp.

Datum:            24 Oktober 2019

Tyd:                 17:00 vir 17:30–19:30

Venue:             Ouditorium, Universiteit Stellenbosch Biblioteek, Victoria- en Ryneveldstraat

RSVP:             Antwoord asseblief teen 21 Oktober 2019

Verversings sal ná die geleentheid bedien word.