Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die “Fishy Smiths” en die ontdekking van die selakant
Begin: 02/10/2019, 18:00
Einde: 02/10/2019, 19:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: GUS Art Gallery, c/o Dorp and Bird Streets, Stellenbosch

​Ons laaste spreker van die jaar is Prof Mike Bruton, skrywer van die eerste omvattende biografie oor twee merkwaardige Suid-Afrikaanse wetenskaplikes, JLB en Margaret Smith, en hul ontdekking van die eerste lewende selakant in 1939. The Fishy Smiths: a biography of JLB and Margaret Smith dokumenteer hul vormingsjare en toevallige ontmoeting, die ontdekking van die selakant en die opwindende jare vol avonture, reistogte en gevare wat daarop gevolg het, sowel as hul buitengewone bydra tot die wetenskap en veral igtiologie.

Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in 'n taal wat almal kan verstaan. Toegang is gratis.

Volg ons op Facebook of kom op ons verspreidingslys om op datum te bly vir toekomstige praatjies - epos sciencecafe@sun.ac.za