Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Topdosentkompetisie
Begin: 16/09/2019, 08:00
Einde: 27/09/2019, 12:00
Kontak:Ronél Beukes - 021 808 3404
Plek: Online voting

Jaarliks kry studente van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch die kans om hul topdosent te kies.

Die 2019-kompetisie is die negende een wat deur Die Burger geborg word. Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is die enigste US-fakulteit wat die kompetisie aanbied.

Foto's van al die dosente in die Fakulteit verskyn op 'n aanlyn-stembrief en studente kan vanaf 16 tot 27 September stem. Voorgraadse studente stem vir die beste dosent van hul voorgraadse studiejare, terwyl nagraadse studente vir die beste dosent van hul nagraadse studiejare stem. Studente kies ook die enkele belangrikste eienskap van 'n uitnemende dosent uit verskeie opsies.

Na afloop van die kompetisie word die wenners – die topdosent van elke departement en die algehele wenner – by 'n glansgeleentheid vereer.

Daar is ook kontantpryse van R1 500 elk vir tien studente wat aan die stemmery deelgeneem het en wie se name in ˈn gelukstrekking getrek is. Een van hulle kan boonop ˈn slimfoon by die pryswennersfunksie wen.

  • EBW-studente kan vanaf 16 tot 27 September 2019 stem.
  • Die pryswennersfunksie word op 18 Oktober 2019 gehou.​