Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vormontwerp
Begin: 29/10/2019, 09:00
Einde: 07/11/2019, 12:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Seminar Room of the Language Centre, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch

In hierdie kursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, sal deelnemers leiding kry oor die analise en kritiese evaluering van vorms, waarna hulle geleentheid sal kry om voorstelle te maak oor hoe die vorms verbeter kan word.

Hierdie kursus is prakties en interaktief met hedendaagse vorms wat geanaliseer, getoets en uiteindelik, na aanleiding van wat die toetsing uitwys, verbeter word.

Indien jy ooit in die werksplek vorms moet skep, ontwikkel of aanpas, dan is hierdie kursus vir jou!

Wat is die kursusuitkomste?

·       Jy sal vorms kan skep wat ʼn goeie balans handhaaf tussen inhoud en visuele ontwerp om inligting akkuraat oor te dra en in te samel

·       Jy sal ʼn goeie begrip hê van navorsingsbevindings oor algemene probleme in vormontwerp, wat jou sal toerus om ingeligte besluite te neem wanneer jy self 'n vorm ontwerp

ʼn Sertifikaat van Bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wanneer en waar?

Ons bied hierdie kursus oor twee weke aan met vier oggendsessies, wat deur ʼn aanlyn komponent aangevul word. Die kontaksessies vind op in die oggend van 09:00 tot 12:00 plaas in die Taalsentrum se Seminaarkamer in Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch op:

·       29 en 31 Oktober, 4 en 7 November 2019

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812, of klik hier om in te skryf: https://bit.ly/2IH5bE1