Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sessie oor programme en fokusareas
Begin: 31/01/2019, 11:00
Einde: 31/01/2019, 13:00
Kontak:Ilze Gelderblom - 021 808 9525
Plek: Open area, 2nd Floor / Oop area, 2de Vloer, Schumanngebou / Building

Voorgraadse studente van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe wat hulp benodig met die keuse van fokusareas en modules in hul tweede en derde studiejare, kan op Donderdag, 31 Januarie 2019 kers opsteek by fakulteitsdosente.

Dosente van al die departemente sal beskikbaar wees om studente by te staan en vrae te beantwoord.

Die adviessessie sal vanaf 11:00 tot 13:00 in die oop area op die 2de vloer van die CGW Schumanngebou gehou word.