Information Governance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Information Dashboard​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die volgende inligting is beskikbaar in PowerBI toepassings. 

Neem kennis dat 'n PowerBI lisensie benodig word. Kliek hier​ vir meer inligting om 'n lisensie te bekom.

Die toepassings is ontwikkel deur die Afdeling Inligtingsoorsigbestuur en toegang is beperk tot ​interne gebruik deur gemagtigde personeel van die Universiteit van Stellenbosch. 

Nader asb die betrokke kontakpersoon vir toegang tot 'n spesfieke toepassing.

Kliek hier vir stappe om toegang tot jou PowerBI toepassings​​​

Strategiese Bestuursaanwysers (SBA's) ​KLIK​ H​​IER​

​Die effektiwiteits-intrumentpaneel modelleer en volg die nuwe strategiese bestuursaanwysers ten opsigte van 2024-teikens, soos belyn met Visie 2040 en die strategiese raamwerk. 

​​D​​ie Universiteit Stellenbosch het ses kern strategiese temas wat die US Strategiese Raamwerk 2019-2024 ten grondslag lê. Die raamwerk maak voorsiening vir effektiewe beplanning in die Universiteit. Die besonderhede daarvan is opgeneem in die jaarlikse Institusionele Plan en dien om die US se institusionele strategie, prioriteite en doelstellings te integreer en effektief te koördineer. Die omgewingsplanne van al die verantwoordelikheidsentrums, fakulteite en professionele en administratiewe ondersteuningsdienste is in lyn met die strategiese raamwerk en die Institusionele Plan.

Die telkaart is gebaseer op 'n saamgestelde indeksbenadering, met die doel om die vordering vir elke SBA, doel en tema te meet, sowel as vir die strategiese raamwerk in die geheel. Verskillende gewigte word toegeken aan kern strategiese temas, institusionele doelstellings en aanwysers en maatstawwe, wat die algehele saamgestelde effektiwiteit van die Universiteit bepaal. Die indeks is gebaseer op die meet van doeltreffendheid, gedefinieer as die vordering wat gemaak is om 'n doelwit te bereik. 

Prestasiemeting is ingewikkeld en die toekenning van gewigte aan prestasie-aanwysers volgens hul prioriteite om 'n saamge​stelde telling te verkry, verg die deelname van belangrike belanghebbendes. Die US-puntekaart is op 31 Maart 2020 met die rektoraat bespreek en gedemonstreer waarna die model as 'n nuwe bestuursinstrument vir die Universiteit Stellenbosch aanvaar is.​​

Vir toegang tot die toepassing kontak asb vir Me​​ Renè​ Robbertze​

SMIs icon.png

​Navorsingsdata ​ vir fakulteiteKLIK HIER​

​​Afdeling Inligtingsoorsigbestuur (IOB) het ʼn interaktiewe model vir die visualisering van navorsingsdata wat jaarliks deur die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) ingesamel word in PowerBI™ ontwikkel. Die prototipe bevat die data w​​at ANO vanaf departemente en fakulteite verkry en dan herverpak in PDF dokumente as verslae aan dekane. Afdeling Navorsingsontwikkeling het data verskaf vir hierdie verslag wat aangevul is met NNS-gegradeerde navorsersdata, meesters- en doktorsgrade toegeken en personeel data verkry vanaf Menslike Hulpbronne via die SUN-i datapakhuis.​ 

Vir toegang tot die toepassing kont​ak asb vir Me Renè​ Robbertze​​​

​​
Researchdata icon.png

​Ranglyste klik hier​

​Universiteit van Stellenbosch neem deel aan die Times Higher Education Ranking (THE), Academic Ranking of World Universities (ARWU), ook beter bekend as Shanghai Ranking en Clarivate Analytics (voorheen Thomson Reuters).

Ander organisasies soos QS World University Ranking (QS WUR), QS Bricks University Ranking (QS Bricks) en CWTS Leiden Ranking (CWTS Leiden) rangskik ook jaarliks die Universiteit van Stellenbosch alhoewel die universiteit nie aktief aan die rangorde proses deel neem nie.​ Laasgenoemde drie ranglyste is gebaseer​ op opnames, navorsingsdatabasisse en ander publieke beskikbare data wat nie deur die Universiteit Stellenbosch verskaf word nie.​

Vir toegang tot die toepassing kontak asb vir Me Renè​ Robbertze​.

​​​Rankingsicon.png

Sun-i powerBI verslae

Geregistreerde SUN-i gebruikers met 'n PowerBI lisensie kan toegang kry tot studente- en personeeldata dmv die PowerBI toepassings.  Die onderskeie verslae is geskep met data van die SUN-i Besigheidsintelligensie-Stelsel.

Vir toegang tot die toepassing kontak asb vir Me Loumarie Kistner.


Researchdata icon.png
SUN-i PowerBI studenteverslae
Staffreader (1).jpg
SUN-i PowerBI​ personeelverslae​


​Prosedure om aansoek te doen vir PowerBI lisensie

  • Kliek hier​ om 'n sagteware navraag te log en versoek 'n kwotasie vir 'n PowerBI lisensie ​​
  • Skep 'n bestelling om te betaal vir die lisensie
  • Die PowerBI lisensie sal geaktiveer word en die gebruiker sal in kennis gestel word
  • Gaan na https://powerbi.microsoft.com/en-us/landing/signin/ en teken aan met US gebruikersnaam en wagwoord.​
  • Die lisensie moet jaarliks in die middel van die jaar hernieu word.









Vir algemene navrae:

Me Albè van Niekerk
Stuur epos
​+27 21 808 3967