Information Governance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​BanierHEMIS.png​​

Die data is v​​an die Departement Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) verkry.

Ons het twee Power BI toepassings ontwikkel wat 'n belangrike behoefte vervul, naamlik om al die nasionale personeel en studente data van die 26 Hoër Onderwysinrigtings in Suid-Afrika op een plek beskikbaar te stel.  Die toepassings laat maklike datakeuses en vergelykings tussen universiteite toe, wat met gedrukte publikasies nie moontlik is nie. ​​​

Nasionale HEMIS Personeeldata​KLIK​ ​​H​​IER​

Die data van DHOO tabelle 3.1, 3.3, 3.4, 3.5 en 3.7 word grafies voorgestel deur middel van 'n Power BI toepassing. ​​

 



​​​

​Nasionale HEMIS StudentedataKLIK HIER​

Die data van DHOO tabelle 2.7, 2.9, 2.11, 2.12 en 2.13 word grafies voorgestel deur middel van 'n Power BI toepassing.

Die toepassing toon ook die studente sukses data waarna dikwels verwys word, en bevat 'n verskeidenheid van grafieke wat tendense en die inhoud van die hooftabelle van HEMIS aantoon. Sommige van hierdie grafieke is soortgelyk aan daardie wat in die verlede in die DHOO publikasie “Vital Statistics" verskyn het (daardie publikasie is al 'n geruime tyd gelede gestaak), maar natuurlik was daardie data staties en dit was nie moontlik om dinamies parameters te kies nie.​

 
​​
​​

​Prosedure om aansoek te doen vir PowerBI lisensie

  • ​Kontak Mandy Wanza IT vir 'n kwotasie vir 'n PowerBI lisensie
  • Skep 'n bestelling en stuur vir Mandy die besonderhede
  • Die PowerBI lisensie sal geaktiveer word en die gebruiker sal in kennis gestel word
  • Gaan na https://powerbi.microsoft.com/en-us/landing/signin/ en teken aan met US gebruikersnaam en wagwoord.​
  • Die lisensie moet jaarliks in die middel van die jaar hernieu word.​

      

          Navrae:

​​            Me Renè ​Robbertze
           Stuur epos​
​          +27 21 808 4528