Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Aankope van Produkte en Dienste

​​​​​

​Wat doen ons?

Die ontwikkeling en implementering van 'n gesentraliseerde aankoopbeleid en prosedure binne 'n gerekenariseerde aankoopstelsel wat op 'n regverdige, billike, onpartydige, deursigtige en mededingende koste effektiewe grondslag aan die diensverskaffers verteenwoordigend van alle gemeenskappe, sonder diskriminasie op grond van ras, geslag of geloof op 'n etiese wyse die geleentheid bied om met die US besigheid te doen.

Die aankoopfunksie van die Universiteit Stellenbosch word deur 'n gesentraliseerde aankoopafdeling bestuur en rekenaarmatig beheer. Hierdie beleid en stelsel vereis dat alle aankope na die sentrale aankoopkantoor gekanaliseer, gekoördineer en geadministreer word. 'n Amptelike universiteitsbestelling soos uitgereik of rekenaarmatig bevestig deur 'n gemagtigde aankoper namens die Direkteur Finansiele Beplanning en Batebestuur, is dus die enigste manier waarop die universiteit tot 'n aankoop, diens of huurtransaksie verbind kan word. Die Direkteur: Aankope en Voorsieningsdienste sal in samewerking met Aankopers verantwoordelik wees vir die verkryging en plaas van bestellings vir alle goedere en dienste in hul onderskeie spesialiteitsomgewings. Die aankoop proses is spesifikasie gedrewe en onderhewig aan die aankoopsnypunte soos uiteengesit in die aankoopbeleid en prosedure wat bepaal op welke wyse kwotasies en tenders ingewin en geïmplementeer moet word.