Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Aankope

​Jy moet die aansoekvorm invul en al die voorgeskrewe dokumente aan die tersaaklike koper deurstuur ten einde op die US se Verskafferlys te registreer. Wat betref dienste wat deur kontrakteurs binne die Fasiliteits- en Instandhoudingsomgewing verskaf word, moet albei vorms ingevul word. Let asseblief op die samestelling van die afdeling ten opsigte van die aankoop van produkte en dienste vir die tersaaklike kontakbesonderhede wanneer jy die vorm deurstuur.

Verskaffers waar die aantal betalings per jaar 5 en minder sal wees en wie se totale betalings nie R335 000 sal oorskry nie, welke perk eerste bereik moet die vlak 2 vorm voltooi. Indien die perke van ʼn vlak-2 verskaffer bereik word, sal die verskaffer verplig word om die volledige (vlak 1) registrasiedokument te voltooi. Daar is egter ʼn uitsondering vir mikro-entiteite (verskaffers met ʼn jaarlikse omset van minder as R1 miljoen) – indien hul betalings vanaf die US vir die jaar nie R335 000 sal oorskry nie, kwalifiseer hulle as vlak-2 verskaffer ongeag die aantal transaksies met die verskaffer. Voltooide vlak 2 vorms met die nodige stawende dokumentasie kan soos volg aangestuur word:
 

• Elektronies aan findienste@sun.ac.za

• Hardekopieë aan Marsha Davids by Kamer C3309, Administrasie C, Universiteit Stellenbosch.​

Gereelde verskaffers (vlak 1) word gedefinieer as verskaffers aan wie die US meer as 5 betalings maak jaarliks of aan wie die totale betalings meer as R335 000 per jaar beloop. Registrasievorms vir vlak 1-verskaffers moet aan Lucille Ras (lucillej@sun.ac.za) gestuur word.​