Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Belasting op Toegevoegde Waarde ("BTW")

 

​Uitsetbela​​sting

Uitsetbelasting is die belasting wat gehef word wanneer 'n besigheid belasbare lewerings verskaf (BTW op verkope).


Insetbela​​​sting

Insetbelasting is die belasting wat gehef word op goedere en dienste wat vir die voorsiening van belasbare lewerings (BTW op aankope) aangekoop is.


Vrygestelde lewe​rings

Die voorsiening van sekere goedere en dienste is vrygestel van BTW. Insetbelasting op sodanige aankope is nie terugeisbaar nie. Opvoedkundige dienste, beurse en skenkings is byvoorbeeld vrygestel van BTW.


Terugeispersentasie van 'n kostep​unt

Alle kostepunte het 'n BTW-terugeispersentasie wat wissel tussen 0% en 100%. Hierdie persentasie word bereken as 'n persentasie van belasbare lewerings op totale lewerings (belasbare plus niebelasbare verkope). Hierdie persentasie het geen verband met die uitset-BTW wat aan die Ontvanger van Inkomste betaal moet word nie. Alle betalings aan die Ontvanger behels gewoonlik die volle 15% BTW op 'n spesifieke belasbare inkomste. Die BTW-terugeispersentasie kan met program FFB007P en FFB184P bepaal word.