SKOOL VIR PUBLIEKE LEIERSKAP
OPENBARE EN ONTWIKKELINGSBESTUUR
Ons programme in openbare en ontwikkelingsbestuur is afgestem op persone wat in ’n bestuurshoedanigheid in die openbare sektor werk. Ons bied ook akademiese sertifikaatprogramme en kortkursusse in die vorm van lesings en interaktiewe telematiese onderrig aan.
Gevorderde Diploma
Ons gevorderde diploma in
Volhoubare Ontwikkeling, 'n eenjarige hibridiese program, is ideaal vir
afgestudeerde en werkende professionele persone wat hulleself wil toerus om
regverdige, volhoubare toekomste in die digitale era te skep. Baat by
selfgerigte aanlyn leer, aangevul met daaglikse intydse sessies en drie
diepgaande persoonlikekontak-sessies oor die jaar heen.
HONNEURSPROGRAM IN OPENBARE EN ONTWIKKELINGSBESTUUR
Ons
honneursprogramme is lesinggebaseerd, met een kontaksessie op die Bellvilleparkkampus of in Tshwane, gevolg deur interaktiewe telematiese onderrigsessies op Stellenbosch of by ander sentrums deur die hele Suid-Afrika en in Namibië.
MAGISTERPROGRAMME IN OPENBARE EN ONTWIKKELINGSBESTUUR
Die
MCom in Openbare en
Ontwikkelingsbestuur en die Magister in Publieke Administrasie (MPA) bestaan hetsy uit navorsing of lesinggebaseerde kursuswerk soos in die honneursprogram. Ná voltooiing van hierdie programme kan studente met doktorale studie in Openbare en Ontwikkelingstudie voortgaan.
DOKTORALE PROGRAM IN OPENBARE EN ONTWIKKELINGSBESTUUR
Die PhD word deur middel van navorsing en die skryf van ’n proefskrif verwerf.
NAGRAADSE KWALIFIKASIES
HONNEURSGRADE
MAGISTERGRADE
DOKTORALEGRADE