TUIS

Die Akademiese Bestuursraad, of 'ABR' vorm deel van die studenteraad die Universiteit van Stellenbosch. Die raad bestaan uit die voorsitter en ondervoorsitter van elke akademiese fakulteit, asook vyf ex officio lede. Die ABR dien as 'n ondersteunende liggaam wat sien dat elke akademiese navraag beantwoord word tot die beste van ons vermoë.
Klagtes word vanaf die klas verteenwoordigers deur die ABR na die studenteraad en tot hoër bestuur geneem om sodoende ondersteuning te bied aan studente.
Ons moedig ook studente aan om ondersteuning te vind om hul eie welstand en akademiese sukses te verseker.
Die ABR is toegewy om die studente van 'US' te help en moet ook so aanspreeklik gehou word. Die struktuur van die Raad maak voorsiening vir wigte en teenwigte om effektiewe, volhoubare en 'n konsekwente poging tot akademiese sukses te behaal.
Sien engels vir meer webbladskakels