Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​Kennisgewing aan alle lede van die Konvokasie: Uitnodiging om te stem om die vakatures in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te vul​Untitled-1.jpg

Agtergrond: ​In ’n e-pos aan Konvokasielede op 9 April 2024 het ons die konteks om die verkiesing van lede in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie van nuuts af te begin, verskaf. Ons herhaal die relevante paragraaf hieronder vir die gerief van Konvokasielede:

"Op 2 April 2024 het die verkose Uitvoerende Komitee van die Konvokasie en die kandidate wat vroeër gediskwalifiseer is ontmoet om te besluit oor die pad vorentoe nadat die vorige verkiesing onbestrede beëindig is. Die kantoor van die Registrateur het ses kandidate gediskwalifiseer vir nienakoming van die verkiesingsreëls (twee na die nominasieproses en die oorblywende vier kort na die verkiesing van stapel gestuur is), waarna die oorblywende kandidate outomaties onbestrede verkies is aangesien die aantal vakatures gelyk was aan die aantal oorblywende kandidate. Hierdie was die enigste opsie beskikbaar in terme van die Universiteit Stellenbosch se Institusionele Reëls. Gedurende die gefasiliteerde gesprek het die Kantoor van die Registrateur en al die partye ingestem om die verkiesingsproses van vooraf te begin en dat die Prosedure vir die nominasie en verkiesing van die Konvokasie se Uitvoerende Komitee (die Prosedure) die verkiesing sal reguleer.​"

Oproep om te stem​​

Ek het opregte waardering vir alle lede wat deelgeneem het aan die benoeming van kandidate om in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te dien. Soos vroeër aangedui, was ál vyf (5) posisies in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie vakant. Ons het die Prosedure vir die nominasie en verkiesing van die Konvokasie se Uitvoerende Komitee (die Prosedure) gebruik om ons proses te rig. ​

Kandidate:

Ons het die volgende nominasies ontvang:

Vir President (een vakature)
Dr. Theo de Jager
Ds. Riaan de Villiers
Mnr. Mfundo X Makanda

For Vice-President (one vacancy)
Mnr. Lwazi Phakade
Mnr. Johan A Smit

For Secretary (one vacancy)

Me. Nomzamo P Ntombela
Mnr. Bernard Pieters

For Additional Members (two vacancies)
Mnr. Chris Briel
Mev. Taryn Cohn (Moos)
Mev. Isabelle de Taillefer
Mnr. Jan de Villiers
Mnr. Celenkosini G Lukhele
Mnr. Simphiwe Malaza
Me. Karen-Christine Meiring (Kabous)
Mn​r. Bernard JH Oosthuizen

​Kragtens paragraaf 4.10 van die Prosedure, nooi ons nou alle lede van die Konvokasie om vir hulle voorkeurkandidate te stem om hierdie vakatures te vul.

Om toegang tot die verkiesingsportaal​ te verkry en om na die kandidate se foto's, visiestellings en CV's te kyk, besoek asseblief die Konvokasie-webtuiste.
 
Let asseblief daarop dat ons die visiestellings en CV's publiseer net soos wat ons hulle as deel van die nominasies ontvang het. Ons vertaal of redigeer nie enige visiestellings of CV’s nie. Die kandidate het aan ons hulle CV's verskaf om dit moontlik te maak vir lede om elke kandidaat beter te leer ken. Ons verifieer nie die inhoud van die CV's nie, aangesien die onus op die kandidate is om akk​urate inligting te voorsien.​

Stemtydperk

Die verkiesingsportaal sal op Maandag, 20 Mei 2024, om 08:00 (SAST) oopmaak vir 'n tydperk van 10 dae en sal op Donderdag, 30 Mei 2024, om 23:59 (SAST) sluit. Nadat die verkiesingsportaal gesluit het, sal geen verdere stemme aanvaar word nie. Stemme kan slegs elektronies op die verkiesingsportaal uitgebring word en kan nie op enige manier gewysig word nadat dit uitgebring is nie.

​Username and password

Om in te teken op die verkiesingsportaal, sal jy 'n gebruikersnaam en wagwoord nodig hê. Let wel: Jou gebruikersnaam is jou US-nommer verskyn in die onderwerpreël van alle korrespondensie wat spesifiek aan jou gerig is en deur konvokasie@sun.ac.za​ versend word. Jou wagwoord is jou ID- of paspoortnommer wat ons vir jou op rekord het. Jou US-nommer moet met die syfer 1 (bv. 12345678) of 2 (bv. 21234567) begin en uit agt syfers bestaan. Indien dit nie die geval is nie, het jou US-nommer moontlik sedert 2000 verander.

Vir hulp in hierdie verband, of indien jy sukkel om op die verkiesingsportaal in te teken, nader ons asseblief betyds by verkiesings@sun.ac.za​ sodat ons jou kan bystaan. ​

Konvokasielede wat nie kennisg​ewings ontvang nie​

Indien jy nie ons kennisgewings ontvang nie of bewus is van lede van die Konvokasie wat nie ons kennisgewings of kommunikasie ontvang nie, verwys hulle asseblief na konvokasie@sun.ac.za ​om hulle e-posadresse by te werk. Verwys hulle ook asseblief na die webtuiste van die Konvokasie vir verdere inligting. ​

Bekendmaking van uitslae

Ons sal die volledige verkiesingsuitslae (die getal stemme vir elke kandidaat, en nie slegs vir die suksesvolle kandidate nie) binne 'n redelike tyd nadat die verkiesingsportaal gesluit het bekend maak deur 'n e-pos aan Konvokasielede te stuur en deur die uitslae op die Konvokasie-webtuiste te publiseer. ​

​​​​​Vriendelike groete

 Dr Ronel Retief
 REGISTRATEUR​
Universiteit Stellenbosch
 17 Mei 2024