Voordat prof Deresh Ramjugernath na Stellenbosch verhuis het, was hy Viserektor: Navorsing en Pro-Visekanselier: Innovasie, Kommersialisering en Entrepreneurskap by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN).
Hy beskik oor uitgebreide direksie- en bestuurservaring nadat hy op verskeie maatskappydireksies en organisasierade gedien het.
Ramjugernath is 'n hoogsgerekende wetenskaplike op die gebied van chemiese ingenieurswese en spesifiek in chemiese termodinamika en skeidingstegnologie (hy het op 31-jarige ouderdom die jongste volle professor in sy vakgebied in Afrika geword). Hy het tot 2018 die DWT/NNS Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel (SARChI) vir Fluoorprosesingenieurswese en Skeidingstegnologie beklee.
Hy was die studieleier vir meer as 130 meestersgraad- en PhD-studente wat gegradueer het en het meer as 20 postdoktorale genote gelei. Daar het al meer as 350 eweknie-beoordeelde vaktydskrifartikels deur Ramjugernath verskyn en hy het al het ten minste 300 referate by internasionale konferensies aangebied.
Ramjugernath het aan UKZN studeer en die grade BSc Ing (Chemies) in 1993, MSc Ing (Chemies) wat in 1995 opgegradeer is na 'n PhD, en 'n PhD in Chemiese Ingenieurswese in 2000 verwerf.
Prof Ramjugernath woon op Stellenbosch saam met sy vrou, prof Prathieka Naidoo, 'n bekwame akademikus in eie reg, en hulle drie dogters. Behalwe dat hy 'n hondeliefhebber en 'n ywerige sportliefhebber is wat tennis, padel en gholf speel, is Ramjugernath lief vir die buitelewe.