Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Au​xin Hulpbronne 2​025



​​​​​​​​​​​

​​2025  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2024  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2023  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2022  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2021  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2020  

​    
​​​​

2019  

​​​     

2018  

​​​     

2017 

​​​     

2016  

​​​     

2015 

  13 Mei 2025​​​​

  • Spelifiëring en sosiale media as katalisator vir studenteleer en ‑betrokkenheid​
  •   Benita Bobo​​

Hoe hou 'n mens 10 000 eerstejaarstudente geboei wat “gedwing" word om 'n verpligte module te volg? Hoe kan jy digitale nutsmiddels aanwend om die bereiking van leeruitkomstes vir modules, die kenmerke van gegradueerdes en kritieke kruisdissiplinêre uitkomstes aan te help? Een moontlike antwoord is om spelifiëring en sosiale media in te span om studente betrokke te hou terwyl hulle leer.

Spelifiëring behels dat elemente soortgelyk aan dié van spel by leeraktiwiteite geïnkorporeer word met die oogmerk om studentebetrokkenheid en ‑leer te versterk. Dit put uit die teorie van selfbeskikking, wat beklemtoon hoe belangrik onafhanklikheid, bevoegdheid en verbandhoudendheid is. Omdat spelifiëring duidelike doelwitte, onmiddellike terugvoer en geleenthede vir sosiale interaksie verskaf, kan dit studente sterker agentskap en betrokkenheid in groot, onpersoonlike klasse laat ervaar.


 
​​
In hierdie aanbieding beklemtoon ek ook hoe ek uit die sosiale konstruksionisme as leerteorie put, en uit transformerende leer as pedagogiese benadering, om 'n raamwerk vir die opstelling van outentieke leerervarings te vorm. Volgens die sosiale konstruksionisme vind die doeltreffendste leer plaas wanneer studente kennis aktief – deur interaksie en samewerking in outentieke kontekste – konstrueer. Die transformerende leerteorie ondersteun hierdie benadering deurdat dit beklemtoon hoe belangrik kritiese nadenke is, wat deur interaktiewe aktiwiteite gestimuleer kan word.

Ek stel die volgende vraag om nadenke en gesprek onder deelnemers aan te wakker: Hoe kan akademici spelifiëring en sosialemediaplatforms inspan om hulle onderrig, leer en assessering te verryk? Die hoop is dat hierdie aanbieding belangstelling en gesprek sal aanvuur en idees sal oplewer oor hoe akademici dit in hulle eie dissiplinêre kontekste sou kon oorweeg.

Voordat Benita senior adviseur by die Sentrum vir Onderrig en Leer geraak het, was sy lektor en koördineerder vir institusionele modules in algemene onderwys, en lektor sowel as koördineerder vir institusionele modules in diensleer by die Afdeling Sielkunde. Haar onderrig is begrond op die konstruktivisme en sosiale kontekstuele leerteorieë. Gevolglik glo sy daarin om in haar onderrig uit die geleefde werklikhede van haar studente te put.

  22 April 2025​​​​

  • Leer om te laat gaan: Pedagogiese moed en onsekerheid met ontsnapkamer-onderrigmetodiek
  •   Delecia Davids​​

Hierdie aanbieding bied ʼn nadenkende ondersoek van ʼn (virtuele) ontsnapkameringryping in ʼn onderwys-onderrigmodule. Die ontsnapkamer was daarop gemik om studentebetrokkenheid en kreatiwiteit te verbeter deur hulle uit te nooi om oop digitiale take te navigeer en betekenis binne speelse, dog professioneel-gegronde scenario’s te ko-konstrueer. Dit het egter vinnig ontwikkel tot ʼn kragtige pedagogiese provokasie wat die produktiewe spanning van onsekerheid, moed en medewerking in hoëronderwys-onderrig, -leer en -assessering uitgelig het. Hierdie ontwerp het die tradisionele pedagogiese gesag en assesseringsverwagtings gedestabiliseer, wat Barnett (2007) se oproep dat hoër onderwys studente vir die onbekende moet voorberei, herhaal het. Die ingryping het van studente vereis om dubbelsinnigheid te navigeer, kollektiewe besluite te neem en kreatief op onbekende uitdagings te reageer. Dit het ook assessering as leer aangekweek, deur besinning en transformasie bó korrekte antwoorde te prioritiseer, wat studente in staat stel om meer agentskap in hulle leer aan die dag te lê. Vir opvoeders bied dit ʼn provokasie om pedagogiese eksperimentering as ʼn vorm van ondersoek en moed te beskou en onsekerheid as vrugbare grond vir groei na te streef.

 

  25 Maart 2025​​​​

  • KI in Hoër Onderwys TLA: 'n Opvolgpaneelbespreking
  •   Dr Hanelie Adendorff​​

By popular demand, the March Auxin session followed up Dr Hanelie Adendorff’s February Auxin. In this session, Dr Adendorff invited panellists to share how they are integrating Generative AI (GenAI) into their teaching, learning, and assessment practices. In this session Sharon Malan (EMS), Lennox Olivier (Arts and Social Sciences), Melody Neaves (Engineering), Hamman Schoonwinkel (EMS) and Jodie Lemphane (FMHS) took a deep dive into their experience with integrating GenAI, unpacking evaluative judgment, critical thinking, self-directed learning, computational thinking, and more. The conversation navigated discipline-specific challenges, ethical considerations, and other critical considerations regarding this evolving topic. As part of the session, Dr Adendorff also shared SU’s brand new “Cool Things” AI Case Study Guide, showcasing innovative approaches from Stellenbosch University academics. It can be found on the CTL’s website, or via bit.ly/coolthingsacademicsdo

For more on assessment, tune into Talking Transformative Assessment via bit.ly/talkingtransformativeassessment​

 

  25 Februarie 2025​​​​

  • KI, Geletterdheid en die Universiteit: Waar staan ons nou?
  •   Dr Hanelie Adendorff​​

Twee jaar in die KI-revolusie, hoe het generatiewe KI (GenKI), soos ChatGPT, onderrig, leer en assessering gevorm? Waar staan ons universiteit se KI-riglyne, en waarheen is dit op pad? Nog belangriker, watter rol behoort universiteite te speel in die bevordering van KI-geletterdheid—nie net vir studente nie, maar ook vir dosente? In hierdie sessie ondersoek Hanelie Adendorff (Sentrum vir Onderrig en Leer) die veranderende landskap van hoër onderwys in die konteks van GenKI, die belangrikheid van KI-geletterdheid, en hoe universiteite studente kan voorberei om op ‘n kritiese en etiese manier met KI om te gaan. 

 
​​






​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​