Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Au​xin Hulpbronne 2023


Creative Commons LicenseHierdie werk is gelisensieer onder 'n Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives 4.0 Internasionale Lisensie.​​​


​​​​​​​​​​​

​​2024  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2023  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2022  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2021  

​    
​​​​​​​​​​​

​​2020  

​    
​​​​

2019  

​​​     

2018  

​​​     

2017 

​​​     

2016  

​​​     

2015 

 3 Oktober 2023​​​​

  • “… maar wat is my doelwit …?”: die ontwikkeling van die kritiese besinningspraktyke van onderwysers wat nog nie in diens is nie
  •   Dr Chrischar Rock​​

Aanbevole leeswerk:​

  • Smith, J. et al (2023), “Secondary preservice teachers’ critical reflecting practices: examining perceptions of confidence using a two-part reflection. School University Partnerships Journal.
  • Hunskaar, T.S. en Gudmundsdottir, G.B. (2023), "Tool-based mentoring conversations in teacher education: new structures, opportunities and the role of adaptive expertise". International Journal of Mentoring and Coaching in Education​

In die vier jaar waarin hulle onderwys studeer, gaan onderwysers wat nog nie in diens is nie, om met ʼn verskeidenheid assesseringsprosesse en ‑take oor hulle studiemodules heen, om hulle vordering met die bereiking van die module- of programuitkomste te bepaal. Die skoolgebaseerde praktikum is ʼn integrale deel van daardie proses en beoog om onderwysstudente se begrip van assessering as leer en assessering vir leer te ontwikkel. Tot watter mate word selfbesinningspraktyke aangemoedig sodat onderwysstudente hulle kritiese denke oor die self kan ontwikkel? Daar word aangevoer dat, “hoewel selfbesinning na binne fokus, dit ʼn gewoonte [is] wat interpersoonlik beoefen en ontwikkel word, binne betekenisvolle verhoudings wat gerig word deur opsetlike vrae en ʼn strewe na doelbewuste oogmerke" (Costa en Garmston, 2016; Wetzel et al., 2017). Die aanbieder sal die impak deel van ʼn refleksiewe en geleide ontwikkelingsgesprekshulpmiddel, wat op onderwysstudente en hulle skoolgebaseerde mentors getoets is en op die skoolgebaseerde praktikum fokus. Sodoende sal die klem val op die rol wat hierdie hulpmiddel in die aanpassingskundigheid (Hunskaar en Gudmundsdottir, 2023) van onderwysstudente en hulle mentoronderwysers gespeel het en kan speel. Die dialoog sal boonop ook gemik wees op die rol en impak van geleide ontwikkelingsgesprekke as volhoubare assessering om onderwysstudente op hulle lewenslange reis na onderwyser word, by te staan. ​

isiXhosa:
Kuhambo lwabo lweminyaka emine lokufundela ukuba ngutitshala, ootitshala abangekasebenzi bazibandakanya nothotho lweenkqubo zovavanyo nemisebenzi kwiimodyuli zezifundo zabo jikelele ukuze kumiselwe inkqubela phambili yabo ekufezekiseni iziphumo zemodyuli okanye zenkqubo. Umsebenzi osekelwe esikolweni uyinxalenye ebalulekileyo yaloo nkqubo ngenjongo yokuphuhlisa ukuqonda kootitshala abangekasebenzi uvavanyo njengokufunda novavanyo olulungiselelwe ukufunda. Funda kaba​​nzi a​pha...​


 22 Augustus 2023​​​​

  • Hulpmiddels om onderrig te verstaan
  •   Dr Hanelie Adendorff​​

Aanbevole leeswerk:​​​

  • Winberg, C., McKenna, S., & Wilmot, K. (2020). ‘Nothing so practical as good theory’: Legitimation Code Theory in higher education. In Building knowledge in higher education (pp. 1-15). Routledge. DOI:10.4324/9781003028215-1  

Het jy al ooit ʼn fantastiese leerervaring aangebied, maar jou studente het jou steeds onbegrypend aangegaap? Jy is nie alleen nie. Dit gebeur met die beste dosente. Hoe kan ʼn mens sin maak van waarom studente nie sin maak nie? In hierdie Auxin bespreek dr Hanelie Adendorff die legitimasiekodeteorie (LKT) as ʼn analitiese raamwerk wat aan akademici toegang verleen tot die diskoers oor vakkundige onderrig, leer en assessering.​​


 25 Julie 2023​​​​

  • Modellering van studente se begrip – wat kognitiewe wetenskap ons oor onderrig kan leer
  •   Dr Philip Southey​​

Aanbevole leeswerk:​​​

“My studente begryp uiteindelik die konsep!” Wat presies gebeur dan in die verstand van die studente? Die eerste deel van hierdie aanbieding ondersoek verskillende kognitiewe modelle van “begrip” en hoe dit in pas gebring word met verskeie benaderings tot onderrig, leer en assessering. In die besonder ondersoek ek die begrippe “konsep” en “konteks”, “antwoordskepping” en “sin maak”, asook die begrip “beliggaming”. Die tweede deel van die aanbieding ondersoek die kognitiewe wetenskap van affektiewe kwessies soos vrees en onsekerheid en hoe dit in ’n klaskameromgewing kan manifesteer. Byvoorbeeld, wanneer ’n vraag aan ’n enkele student in ’n groot klas gevra word, kan die student se sin van status onder dié se portuurgroep bedreig word, wat kan omsit in ’n vreesreaksie en verminderde kognitiewe vermoë om aandag aan die vraag te gee. Gegewe hierdie twee breë kognitiewe raamwerke van “begrip” en “emosie”, wil ek graag ’n bespreking fasiliteer oor hoe hierdie modelle by kollegas se ervarings van beste onderrigpraktyke aansluit.

isiXhosa:
“Abafundi bam ekugqibeleni bayayivisisa le ngcamango!” Yintoni eyona yona yenzeke ezingqondweni zabafundi bakho? Isigaba sokuqala sale ntetho siza kuphonononga iintlobo ngeentlobo zeemodeli “zokuqonda” neendlela ngeendlela ezo modeli ezingqamana ngazo neendlela zokufundisa, zokufunda nokuvavanya. Ikakhulu, ndiza kugocagoca le nto, “ingcamango, umxholo, ulwenziwo lweempendulo nolwenziwo lwengqiqo” ndawonye naleyo kuthiwa “lufaniso”.  ​Funda kaba​​nzi a​pha...​​​


 23 Mei 2023​​​​

  • AI² x Auxin: KI-bevorderde leer
  •   Dr Albert Strever, Dalene Joubert​​

Aanbevole leesstof:​​

 

Met kunsmatige intelligensie (KI) wat die wêreld vinnig verander, het die hoër onderwyssektor die uitdaging om ons doel te herbedink én om studente toe te rus met die vaardighede wat nodig is vir 'n KI-toekoms. In hierdie tweede AI² x Auxin-sessie kyk ons hoe KI by ons leerpraktyke ingesluit kan word.

Daar word gesteun op Aoun (2017) en McKenna (2023) om vas te stel watter vaardighede studente kan verwerf om "robot-bestand" te wees en tot diens van die samelewing te wees. Met Dai, Lui & Lim (2023) se beskrywing van ChatGPT as 'n fasiliteerder (“enabler”) in die hoër onderwys-omgewing, stel ons dit voor as 'n hulpmiddel wat studente se selfgereguleerde leer kan bevoordeel en die leerproses kan versterk. Ons stel 'n oopkop, maar kritiese benadering tot die gebruik van KI vir leer voor.

Dr. Albert Strever van die Departement van Landou Ekonomie demonstreer hoe hy ChatGPT in voorgraadse leerpraktyke benut. Die geleentheid sluit af met ’n vrae en antwoorde-sessie, bring dus gerus enige vrae.​

isiXhosa:
Nanjengoko iAl iqhubekeka nokuzisa iinguqu kwimekobume yethu, imfundo ephakamileyo (HE) ijamelene nomngeni wokuyijonga ngokutsha injongo yayo nokuxhobisa abafundi ngezakhono ezifunekayo ukulungiselela ikamva elixhotyiswe ngeAl. Kule seshoni yesibini yeAI² x Auxin, siphengulula izinto ezinako ukwenzeka ekufakeni iAl kwimisebenzi yethu yokufunda..  ​Funda kaba​​nzi apha...​​​


 12 April 2023​​​​

  • Kunsmatige intelligensie in die hoëronderwysstelsel
  •   Me Magriet de Villiers; Me Dalene Joubert; Dr Philip Southey en Dr Hanelie Andendorff​​

Aanbevole leesstof:​

 

Die afgelope paar weke het KI-tegnologie beduidend gegroei met innovasies van industrie-leiers soos Google en Microsoft wat onder meer KI-funksies by hulle onderskeie pakkette begin inbou. Hierdie soort tegnologiese vooruitgang sal ’n radikale impak hê op hoe ons werk, leer en leef, en dit lig belangrike vrae oor die implikasies vir onderrig, leer en assessering in die hoër onderwyssektor.

In hierdie sessie sal ons die impak van KI op onderwys verder ondersoek en ons bespreking sluit die volgende in:

  • 'n Kort verkenning van die geskiedenis van KI en sy huidige ontwikkelingstadium
  • 'n Ondersoek na KI-tegnologieë wat tans in gebruik is, en hoe dit die manier waarop ons leef, werk en met mekaar omgaan, beïnvloed
  • 'n Spesifieke fokus op ChatGPT, insluitend 'n demonstrasie van sy huidige vermoëns en hoe ons dit in die US-konteks kan benut.​

Daar sal, soos gebruiklik, genoeg tyd vir vrae en bespreking wees. Sluit gerus aan vir wat 'n insiggewende en informatiewe sessie beloof te wees.

isiXhosa:
Siye sabona inkqubela phambili ebalulekileyo kwizixhobo zeAI kwiiveki ezimbalwa ezidlulileyo, kubandakanya ukungeniswa kwezinto ezintsha ezibalulekileyo ezivela kwiziseko zoshishino njengoGoogle kunye noMayikhrosofti, nokusebenza okutsha kweAI kungekudala eza kufakwa kuGoogle Suite kunye noMayikhrosofti wekhspeyisi.  ​Funda kaba​nzi apha...​​​

 28 Maart 2023​​​​

  • Kritikaliteit en sosiale geregtigheid
  •   Emeritus professor Chrissie Boughey​​

Aanbevole leesstof

 
Die studenteprestasiedata wat die Raad op Hoër Onderwys in die vorm van die VitalStats-kohortontledings publiseer, toon reeds jare lank dieselfde konstante patroon: Ongeag die vakke wat hulle studeer, die programme waarvoor hulle ingeskryf is, en die universiteit waar hulle geregistreer is, vaar swart Suid-Afrikaners minder goed as hulle wit eweknieë op universiteit. Die ‘gesondeverstandredenasie’ dat dít aan die gehalte van skoolonderwys te wyte is, hou om verskeie redes nie steek nie. In plaas daarvan, lê die werklike oorsaak vir swart studente se leerervarings op universiteit onder meer in die ‘wanverhouding’ tussen die tipe kennis wat onderskeidelik binne en buite die universiteit as waardevol beskou word, en die praktyke wat daaruit voortvloei.

Die aanbieding lewer ’n betoog vir elke akademiese opvoeder om hulle werk nuut te benader sodat gegradueerdes tot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van ons land kan bydra.

isiXhosa:
Iminyaka emininzi ngoku, idatha yokuqhuba kwabafundi epapashwa ngabeCHE ngohlobo lothotho lweVitalStats lohlalutyo lwamaqela ibonakalise iphatheni efanayo engaguquguqukiyo: ngokungakhathaliseki kwizifundo abazifundayo, izidanga ababhalisele ukuzifundela neyunivesithi ababhalise kuyo, abemi boMzantsi Afrika abantsundu baqhuba ngendlela engaphantsi kwaleyo yoontangandini babo abamhlophe kwiiyunivesithi zethu. ​Funda kaba​nzi apha...​​​


 21 Februarie 2023​​​​

  • Die veldtog #dosomething: Bewaringsekologie as voedingsbodem vir ’n pedagogie van hoop.
  •   Dr Rhoda Malgas​​

Aanbevole leesstof​

  • Boler, M. (2013) Teaching for hope: the ethics of shattering world views. In, Bozalek, V., Libowitz, B., Corolissen, R. and Boler, M. (Eds) Discerning Critical Hope in Educational Practices. Routledge. DOI: 10.4324/9780203431115-2

  • Le Grange, L. (2011). A pedagogy of hope after Paulo Freire. South African Journal of Higher Education25(1), 183-189.

  • Stirling, A., & Burgman, M. A. (2021). Strengthening conservation science as a crisis discipline by addressing challenges of precaution, privilege, and individualism. Conservation Biology35(6), 1738-1746.
 
Dringende kwessies soos klimaatsverandering, biodiversiteitsverlies en gronddegradasie is tereg en noodwendig op die voorgrond van die kurrikulum in Bewaringsekologie, wat dit die titel van ‘krisisdissipline’ besorg. Dit is onvermydelik dat studente gereeld met negatiewe nuus oor die stand van ons omgewing te doen kry. Die feite oor die probleme dra boonop weinig daartoe by om hulle hoop te gee dat die grade waarvoor hulle studeer enige merkbare verskil aan die wêreldwye uitdagings van die Antroposeen sal maak. Die veldtog #dosomething ontwrig die gedagte dat “ons niks aan die probleme kan doen nie”. Studente word gevra om ’n dringende bewaringskwessie waaroor hulle in hulle eie, persoonlike hoedanigheid passievol is die hoof te bied. Deur ’n aantal leeraktiwiteite word semesterlesingtemas en -assesserings geïntegreer met individuele veldtogte wat aan die begin van die semester gekies word.

Iterasie oor vyf jaar het gelei tot 'n onderrig- en leerproses wat drie onverwagte voordele opgelewer het: a) Studente kry dit reg om wêreldwye verandering op groot tydskale met hulle eie lewenservarings te verbind, wat hulle in wese in staat stel om hulleself as deel van die stelsel te sien. b) Studente leer ken mekaar se lewenservarings en steek sosiale (rasse- en ekonomiese) grense oor om die sienings te verstaan van klasmaats met wie hulle nie andersins sou gesosialiseer het nie. c) Terwyl studente self verandering oor tyd moniteer, leer hulle dat hulle individuele optrede verandering en kreatiewe reaksies kan teweegbring.

Dit is nie om dowe neute dat die titel van my aanbieding Paulo Freire se pedagogie van hoop eggo nie. Ek besin ten slotte oor die metafisika van 'n benadering tot onderrig en leer wat hoop skep en mense aanmoedig om self op te tree. ​

isiXhosa:
Imiba engxamisekileyo enje ngotshintsho kwimozulu, ilahleko yeentlobo ngeentlobo yezinto eziphilayo kunye nokuthotywa komhlaba ngokufanelekileyo nangokuyimfuneko ukuze kuhlahlwe indlela yekharityhulam kuLondolozo lweNdalo, ivuzwe ngewonga lokuba sisifundo “esiyintlekele". Ngempazamo, abafundi basoloko bejongene rhoqo neendaba ezimbi malunga nemeko yendawo esingqongileyo. Ngaphezu koko, iinyani malunga neengxaki  azenzi nto ekukhuthazeni ithemba lokuba izidanga ezi bazifundelayo, ziya kwenza umahluko oncomekayo kwimingeni yehlabathi kwi-Anthropecene. ​Funda kaba​nzi apha...​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

​​​​​​