Curriculum Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Biblioteek

​Algemene Inligting

Die Opvoedkunde Biblioteek is geleë in die GG Cillié-gebou waar die BEd en NOS-programme aangebied word. Die biblioteek is toeganklik vir fisies gestremde persone.

Die hoofdoel van die Opvoedkunde Biblioteek is om ondersteuning te bied aan onderrig, leer en navorsing deur hulpbronne en media te verskaf wat benodig word deur die opvoedkunde programme. Die personeel is verantwoordelik vir professionele hulp aan alle voorgraadse opvoedkunde-, sowel as Nagraadse Opvoedkunde-Sertifikaat-studente. Nagraadse studente kry ondersteuning by die JS Gericke Biblioteek.

Die Opvoedkunde Biblioteek word geadministreer deur Departement Kurrikulumstudie. Die Opvoedkunde Biblioteek huisves 'n boekeversameling bestaande uit skoolhandboeke, joernale, fiksie- en nie-fiksie boeke, media byvoorbeeld prente, video's, CD's, transparante en oudiovisuele apparaat en die ISKEMUS-versameling.

Die ISKEMUS-versameling bied die volgende:

  • 'n Versameling kinderboeke (fiksie en nie-fiksie)
  • 'n Versameling oorspronklike illustrasies vir kinderboeke, geskenk deur die kunstenaars
  • Navorsingsgeleenthede vir alle belangstellendes
  • Inligtingdisseminasie

Studente in die Fakulteit Opvoedkunde sal 'n skatkis van hulpbronne vir projekte en lesse vind: "Big books", luisterkassette en DVD's met stories, prenteboeke, geïllustreerde boeke, storieboeke, leesreekse en naslaanboeke.

Die volgende fisiese fasiliteite is beskikbaar vir studente in die Opvoedkunde Biblioteek: stoele en tafels om by te werk; gemaksitplekke vir groepbesprekings en leeswerk; netwerkrekenaars vir inligtingsoektogte; kragpunte vir skootrekenaars en 'n fotokopieerder. 'n Klankdigte kamer kan gebruik word vir die selektering van geskikte video's en CD's vir praktiese onderrig.

Diensure:

Maandag - Vrydag:                08:00 - 16:30

Praktiese Onderrig tydperk08:00 - 17:00

Universiteitsvakansies:          09:00 - 13:00 en 14:00 - 16:00 of gesluit

Ligging:                                       Grondvloer, Kamer 1006, GG Cillié-gebou


Personeel:

 

Sarie Wilbers
sdw@sun.ac.za



Shinnaz Charles
scharles@sun.ac.za



Laurinda Kleinhans
lck@sun.ac.za
021 808 2323

​​​