Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing

Oor ons navorsing


Navorsing is een van die drie pilare van die akademie. Sonder navorsing is onderrig en sosiale impak onmoontlik. Derhalwe is die akademiese personeel by die Departement Afrikaans en Nederlands betrokke by allerlei navorsingsprojekte. Kyk gerus na individuele navorsingsprofiele deur na die blad oor ons akademiese personeel te gaan. En elke twee jaar stel ons nagraadse studente hulle navorsing by USAN ten toon.

Besoek SUNScholar om tesisse, proefskrifte, artikels en intreeredes deur ons personeel en studente te sien.


USAN 2026 logo 2.jpg

Oproep om referate


Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch bied van 21 tot 23 Januarie 2026 weer ons tweejaarlikse kongres vir jong navorsers en nagraadse studenteaan!

USAN is ’n geleentheid vir jong navorsers om hulle navorsing, gebaseer op hulle nagraadse studie, met akademiese eweknieë te deel. Daar sal ook ’n publikasiegeleentheid wees naafloop van die kongres.

Ons nooi graag alle jong navorsers wat die afgelope vyf jaar gegradueer het sowel as alle PhD-, M- en afgestudeerde Honneurs-studente om voorstelle vir een van die volgende voor te lê:

  • Referaat (20 minute aanbiedingstyd)
  • Plakkaataanbieding

Daar is geen beperking op temas nie. Die enigste vereiste is dat die referaat of plakkaat by een of meer van die volgende studierigtings aansluit:

  • Formele taalkunde
  • Letterkunde
  • Toegepaste taalkunde en taalpraktyk (leksikografie, redigering, taalaanleer, taalverwerwing, tolking en vertaling)

Aanbiedingstale: Afrikaans, Engels, Nederlands en Xhosa. Tolkdienste sal beskikbaar wees.
Formaat: In persoon en aanlyn. Beperkte reisbeurse is beskikbaar. Inligting volg later.

Stuur jou voorstel van 200 na 300 woorde teen 5 September 2025 in.
Laai dit HIER op as jy ’n Gmail-adres het. 
Laai dit HIER op as jy nie ’n Gmail-adres het nie.
Ons sien daarna uit om jong navorsers op Stellenbosch te ontvang!

Rig gerus alle navrae aan Annie Burger en Dylan Lee by usanconference@gmail.com.