Hierdie vier-jarige program in Gewasproduksiestelsels dek opleiding in die produksie van gewasse soos akkerbou -en groente gewasse, weiding , sagtevrugte, sitrus en wingerd. In hierdie program is daar drie studierigtings waaruit jy kan kies :
GRONDKUNDE VOORGRAADSE MODULES
GRONDKUNDE 214 - Inleiding tot Grondkunde (Dr Andrei Rozanov)
Grond as 'n driedimensionele eenheid. Grondvormingsfaktore: Klimaat, moedermateriaal, reliëf, organismes en tyd. Verweringsprosesse en -produkte. Fisiese grondeienskappe: Tekstuur, struktuur, kleur, lug-, water- en temperatuurverhoudings. Chemiese grondeien¬skappe: Grondkolloïede, kleiminerale, katioonadsorpsie en -uitruiling, grondreaksie. Vorming en eienskappe van grond-organiese materiaal. Elementêre interpretasie en evaluering van fisiese, chemiese en morfologiese grondkenmerke vir hulpbrongebruik.
Voorvereistes: Chemie 144
GRONDKUNDE 222 - Grondbiologie en Ekologie (Dr Esther Muema)
Grondbiodiversiteit dra by tot grondgesondheid deur belangrike grondprosesse soos voedingstofsiklusse, koolstofsiklusse, verbetering van grondstruktuur deur grondaggregasie, beskerming van plante teen stres en patogene onder andere. Daarom is grondbiodiversiteit direk of indirek gekoppel aan die meeste volhoubare¬ontwikkelingsdoelwitte soos voedselproduksie, watergehalte, klimaataksie en luggehalte. Grondbiota kan ook gebruik word as aanwysers van grond- en omgewingskwaliteit wat insiggewend is in die bestuur van voedselproduksiestelsels en die bewaring van omgewings. Daarom is hierdie module ontwerp om: i) die verskillende organismes wat in die grond leef te verduidelik in terme van hul grootte, verspreiding en taksonomie; ii) die metodes te bespreek wat gebruik word om data van grondorganismes te bestudeer, te analiseer en te interpreteer; en iii) te verduidelik hoe verskillende organismes in wisselwerking in voeding¬stowwe en energie-verkryging en oordrag in verskillende trofiese vlakke. Studente sal die kennis en vaardighede wat opgedoen is, toepas om grondbiotadata te ontleed, te interpreteer en aan omgewings¬funksies en -dienste te koppel, en iv) die bedreigings vir grondbiodiversiteit te verduidelik.
Voorvereistemodule: Biologie 124
GRONDKUNDE 244 - Plantvoeding en bemesting (Prof Ailsa Hardie)
Samestelling en voeding van plante; individuele plantvoedingselemente; ewewigte in die grond; organiese en minerale bemestingstowwe: eienskappe en gebruike; bepaling van bemes¬tingsbehoeftes en toepas¬sings in die praktyk; interaksie met riso- en pedosfeerorganismes; bestuur van bemestingstowwe om die omgewing te beskerm..
Voorvereistes: Grondkunde 214, Chemie 124, 144
GRONDKUNDE 314 - Genese, morfologie, klassifikasie en gebruike van grond (Prof Cathy Clarke)
Ontwikkeling en klassifikasie van Suid-Afrikaanse gronde. Terreinklassifikasie; grond- en landkartering; metodiek van grond- en landgeskiktheidsevaluering met spesifieke verwysing na gewasgeskiktheid. Grondbeperkings met betrekking tot plantproduksie. Grondgenese en sy verhouding tot grondmorfologie.
Voorvereistes: Grondkunde 214, Chemie 124, 144
GRONDKUNDE 344 - Grond en Water Bestuur (Dr Lawrence Munjonji)
Grond as stoor medium vir plantbeskikbarewater ; atmosferiese energie balans : verdamping, transpirasie en plantwater vereistes; grondwater opname en verlies van water in die grond -plant- atmosfeer kontinuum ; hidrologiese siklus en waterbronne in Suid-Afrika; metodes van besproeiing en skedulering van besproeiing ; besproeiing met soutwater en soutbalans in die grond , besproeiingswyses ; uitskakeling en bestuur van fisiese , morfologiese en chemiese beperkings van grond en beginsels van dreinering ; grondoppervlakbestuur .
Voorvereistes: Grondkunde 214, 244, 314, Wiskunde (Bio) 124
GRONDKUNDE 414 - Gevorderde Grondfisika (Dr Lawrence Munjonji)
Algemene fisiese eienskappe : tekstuur , deeltjiegrootte verspreiding en spesifieke oppervlakte . Struktuur en samevoeging . Deurlugting . Grondtemperatuur. Grondverdigting en sterkte. Eienskappe van water in poreuse media. Grondwaterinhoud en potensiaal. Grondwater vloei in versadigde en onversadigde grond. Beweging van opgeloste soute en ander anorganiese verbindings in die grond. Mengbareverplasing (Laboratoium en praktiese veldwerk).
Slaag voorvereistes: Grondkunde 214, 222, 244, 314, 344, Chemie 214
GRONDKUNDE 424 – Gevorderde Grondchemie (Prof Ailsa Hardie)
Struktuur en reaktiwiteit van grondmineralekolloïdes en organiese materiaal; oppervlakreaksies tussen grondkolloïdes en chemiese spesies soos swaarmetale; chemiese ewewigte in gronde: oplos en neerslaan van minerale, uitruil, adsorpsie, redoks en suur-basis reaksies; chemie van suur, alkaliese, en waterversadig¬de gronde; biogeochemiese prosesse in grond. (Laboratorium- en veldpraktika).
Slaag voorvereistes: Grondkunde 214, 222, 244, 314, 344, Chemie 214
GRONDKUNDE 444 - Gevorderde Pedologie (Prof Cathy Clarke and Dr Esther Muema)
Internasionale grondklassifikasiestelsels, grondgeomorfologie en landskapevolusie in Suid-Afrika, moderne grondkarteringstegnologieë, grondmorfologie-interpretasie en grondkwaliteit.
Slaag voorvereistes: Grondkunde 214, 222, 244, 314, 344, Chemie 214