Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ter viering van Suid-Afrika se nasionale Vrouemaand, bied hierdie webblad ’n verskeidenheid artikels, foto’s en podsendings wat die afgelope jaar op die Universiteit Stellenbosch (US) se mediaplatforms verskyn het om die merkwaardige prestasies van die vroue by ons Universiteit uit te lig. Van voorlopers in baanbrekers-navorsingsprojekte tot kampvegters vir innovasie - deur hul kundigheid en stemme te gebruik om hul gemeenskappe ten goede te verander, druk #USVROUE hul stempel af op Suid-Afrika en die res van die wêreld.

Ilzé Aäron

lzé Aäron, 'n Dowe student van die Paarl, wat haar BEd-graad (Grondslagfase) by die Desember 2021-gradeplegtigheid ontvang het, is die eerste student van die Universiteit Stellenbosch (US) wat met behulp van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) gestudeer het. Aäron, 24, wat 'n passie vir die onderwys het en beplan om by 'n skool vir Dowes skool te hou, beskryf haar prestasie as ...

Lees meer >

Prof Sibusiso Moyo

Prof Sibusiso Moyo is as die Universiteit Stellenbosch se nuwe Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie aangewys. Sy sal in September 2022 by die Universiteit aansluit. Moyo, 'n ervare hoëronderwysbestuurder met 'n agtergrond in die wiskundige wetenskappe, is tans die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Skakeling by die Durbanse Universiteit vir Tegnologie.

Lees meer >

Prof Annie Bekker

Prof Annie Bekker sidder nie vir kreunende skepe en ysberge nie

Dr Lihle Qulu

SAMNR-toekenning bevorder navorsing wat seksuele geweld ondersoek

Akademiese en PASD-personeel

COVID Diaries is 'n 'argief van vrouestemme' te midde van die pandemie

Kimberley Lucas

US bied syferfoendi ’n unieke kans

Viwe Kobokana

‘Wees altyd vriendelik’, glo nuwe SR-voorsitter

Prof Juanita Pienaar

Regsgeleerdheid se eerste visedekaan van navorsing en internasionalisering

Modiegi (Susan) Njeyiyana

MA-gegradueerde dra die fakkel vir Dowe gemeenskap en SAGT

Dr Katherine de Villiers

Dr Katherine de Villiers vereer vir uitnemende chemie-navorsing

Dr Priscalia Khosa

Triomf vir dr Khosa ná 'PhD-hindernisbaan'

Dr Therese Fish

Kanselierstoekenning vereer FGGW visedekaan vir twee dekades se getroue diens

Dr Nthabiseng Moleko

US-dosent dien in nuwe BBSEB-adviesraad

Dr Amy Martin

PhD-gegradueerde laat haar nie deur breingewasse onderkry nie

Dr Nadia Sanger

Skep van nuwe woorde, beelde en simbole wat ou feministiese tale bevraagteken

Megan Roos en Shaniaé Maharaj

Twee Maties onder Afrika se beste regstudente

Prof Delia Haynes

US chemikus is eerste president van Afrika Vereniging vir Kristallografie

Prof Sandra Swart

Prof Sandra Swart skep (haar eie) geskiedenis

Tarryn Surajpal,Tanya van Aswegen, en Jamila Jann

Studente loop met louere weg in US se FameLab-uitdun

Kimara Singh

Kimara gee Maties Sport 'n nuwe stem

Dr Rouxjeane Venter en Emogine Mamabolo

Ontluikende vrouewetenskaplikes ontvang L'Oréal-UNESCO-beurstoekennings

Mede-professor Rika Preiser en Tanja Hichert

Unesco-leerstoel aan US-navorsers toegeken

Professor Soraya Seedat

Spreek geweld deur intieme maat aan om geestesgesondheid te bevorder

#USVROUE IN DIE MEDIA

Van die plaaslike tot internasionale mediaplatforms, deel #USVroue hul navorsing asook sienings oor aktuele kwessies in rubrieke en meningsartikels. Blaai deur enkele van hul mees onlangse stukke.

In ons strewe om ’n voorkeurwerkgewer te wees, skep die Universiteit Stellenbosch (US) ’n instaatstellende, billike en gesonde werkomgewing wat diversiteit en billikheid omarm, unieke talente en sterkpunte as hefboomkrag aanwend en lewenslange leer bevorder en prestasies vier. Ter herdenking van Werkersdag in Mei, het die US ’n reeks artikels, getiteld #’ndagindielewe, aan ons personeel gewy. Lees meer oor sommige van die #USVROUE wat in hierdie veldtog bekendgestel is.

Selina Seshabela

Bestuurder: Kontak- en Kliëntedienssentrum

Karlien Breedt

Hoof van die US Argief

Shibu Mamabolo

Hoof van Werknemer-welwees

Melany le Roux

Bestuurder: Sekuriteitstelsels en Intelligensie

Dannica Pedro

Omgewingvolhoubaarheids-
koördineerder

Khairoonisa Foflonker

Bestuurder: Studentesake op die Tygerberg-kampus