VRAE EN ANTWOORDE
INPERKING-VLAK 3 >
Aanlyn onderrig
vir dosente >
Aanlyn leer
vir studente >
Inligting vir
navorsers >

Gereelde vrae en antwoorde

Akademiese Aktiwiteite

Alle voorgraadse onderrig en assesserings (die eerste en tweede eksamengeleenthede vir die middel van die jaar ingesluit) sal aanlyn geskied. Vir modules waar professionele liggame toesighoudende eksamens of persoonlike moderering vereis, moet fakulteite hierdie assesserings skeduleer vir wanneer studente na die kampus terugkeer en voor die aanvang van die 2021-akademiese jaar. Lees meer oor die veranderinge aan die akademiese kalender hier.

SUNLearn sal die primêre akademiese hulpbron-platform wees.

Verskeie gidse is ontwikkel om studente met aanlyn-leer te ondersteun. Meld asb al jou aanlyn-leer en SUNLearn ondersteuningsversoeke by die portaal aan sodat ons jou ondersteuningsversoeke kan volg en dit doeltreffend kan oplos:

Jy sal ook hulpbronne vir selfhelp op hierdie webwerf vind.

Gegrond op die terugvoer wat ons ontvang het van 'n aanlyn-opname wat deur sowat 19000 studente voltooi is, het die US 1500 skootrekenaars bekom wat aan sosio-ekonomies benadeelde studente wat geen toegang tot die US se aanlyn-leerhulpbronne het nie, beskikbaar gestel. Studente wat nog nie op die opname gereageer het nie, moet dringend met die US Kliëntediens in verbinding tree by info@sun.ac.za of 021 808 9111 om vir hulp met leertegnologie oorweeg te word.

’n SMS sal aan die lys studente gestuur word om hul aanvaarding van die aanbod te bevestig, asook om hul woonadresse te bevestig ten einde dit per koerier te laat aflewer. Wanneer dit bevestig is, sal die nodige sagteware op die skootrekenaars gelaai en by ons studente afgelewer word.

Die meeste van die hulpbronne wat op SUNLearn gebruik word, sal teen ’n gratis tarief verskaf word. Gratis tariewe is wanneer diensverskaffers geen diensgeld vir internetgebruikers vra om toegang tot spesifieke internetwebruimteste kry en te gebruik nie. Dit is ’n reëling tussen die diensverskaffer en die gasheer van die internetwebruimtes. Die jongste inligting oor gratis toegang tot webwerwe en wenke oor hoe om selfoonkostes in toom te hou, is op die riglyne-webblad vir aanlyn-leer beskikbaar. Klik hier. Om ons studente te help, het ons 'n vraag-en-antwoord-dokument saamgestel vir maklike verwysing.

SUNLearn se gratis toegang is slegs van toepassing op video’s wat direk op SUNLearn gelaai is. Dit sluit hiperskakels na video’s wat van webwerwe buite SUNLearn (bv TED-praatjies of YouTube-video’s) afkomstig is, uit –selfsas hierdie eksterne video’s op die kursusblad self vasgelê is.

Vodacom bied gratis toegang tot die biblioteek se webblad en “ezproxy”. Ander diensverskaffers moet nog hul tariewe bevestig.

Nagraadse studente moet met hul studieleiers skakel om praktiese reëlings te bespreek en, indien moontlik, van die kampus af te werk. Vrae moet aan akademiese departemente gerig word. Vind meer inligting hier.

Alle biblioteekgeboue en fasiliteite sal gesluit wees tydens die algehele impreking, maar 'n aanlyndiens is beskikbaar. Biblioteekpersoneel sal voortgaan om dienste en hulpbronne te lewer om studente en personeel te ondersteun. Vind meer uit hier.

Enige ander gestremdheidsverwante navrae kan gestuur word na disability@sun.ac.za of na die individuele praktisyn by die Eenheid vir Gestremdhede waarmee jy in kontak was voor die COVID-19 periode. Klik hier.

Besoek asb die Taalsentrum se webwerf vir beskikbare taalondersteuning.

Nagraadse Studente

Internasionale Studente

Internasionale elektiewe studente en sg. 'free-movers' (internasionale studente wat inskryf vir een tot tewee semesters vir niegraaddoeleindes) moet direk met Universiteit Stellenbosch Internasionaal (vir studente op die Stellenbosch-kampus) en die Tygerberg Internasionale Kantoor ((vir studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe op die Tygerberg-kampus) skakel rakende staking van studies. Besluite om boetes kwyt te skeld sal in oorleg met Studentegelde geneem word.

Internasionalestudente wat besluit om hul studies vir hierdie semester voor of op 30 April 2020 te staak, se klasgelde sal na hul studenterekening by die Universiteit Stellenbosch teruggekrediteer word. Klik asb hier vir ’n volledige uiteensetting van terugbetalings vir klas-en verblyfgelde.

Indien jy ’n Matie-fiets gehad het terwyl jy op Stellenbosch was en jy dit voor jou vertrek aan die Voertuigpoel terugbesorg het, sal die Voertuigpoel die teruggawe van jou fiets aan ons bevestig, asook die gevolglike bedrag wat aan jou terugbetaalbaar is. Die terugbetaling sal elektronies aan jou gedoen word.

Navorsings Aktiwiteite

Die afskaling, uitstel of opskorting van alle navorsing waarvoor dít moontlik is, sowel as alle navorsing met ’n buitengewoon hoë risiko van COVID-19-oordrag, word aanbeveel, totdat die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie hierdie instruksie ophef. Indien dit nie moontlik is om 'n bepaalde studie af te skaal, uit testel of op te skort nie, moet ’n plan opgestel word om met minimum deelnemerkontakvoort te gaan, verkieslik slegs daardie studiebedrywighede of -besoeke waar deelnemerwelstand en/of die vooruitsig van deelnemervoordeel die moontlike gevaar van COVID-19 oortref (soos veiligheidsbesoeke, die voorsiening van medisyne, ensovoorts). Vir meer inligting, klik hier.

Uitreiking van Akademiese Dokumente

Weens die feit dat ons personeel van die huis af werk, kan ons tans nie enige elektroniese of “harde kopie"-akademiese dokumente verskaf nie, wat die volgende insluit:

  • Graadsertifikate
  • Akademiese rekords
  • Bewys van registrasie
  • Sertifikaat van Goeie Gedrag.

Indien ʼn verklaring dat jy jou kwalifikasie verwerf het, voldoende sal wees vir jou doeleindes, kan jy jou versoek per e-pos na jou fakulteitsadministrateur of -beamptestuur.

Die sluitingsdatum vir alle studente wat aansoek doen om hul studies sonder finansiële boete te staak, is tot 30 April 2020 verleng. Die reëls rakende die staking van studies is in die US Algemene Jaarboek(Deel 1), bl. 113 en die US Studentegelde-jaarboek (Deel 3), bl. 50 gepubliseer. Benewens die oorwegings wat reeds in die US Algemene Jaarboek (Deel 1) vervat is, sal omstandighede wat direk verband hou met die COVID-19-pandemie en waarvoor daar voldoende bewys is, ook in ag geneem word as redes vir goedkeuring van staking van studies sonder finansiële boete.

Versoeke om staking van studies moet by die betrokke fakulteitsadministrateur ingedien word. Láát versoeke om staking sal per geval hanteer word in oorleg met die betrokke fakulteit.

Gradeplegtigheid

Alle kwalifiserende Maart/April 2020-graduandi sal hul kwalifikasies in absentia ontvang. Die Rektoraat het besluit om aan Maart/April-graduandi die keuse te bied om die Desember 2020-gradeplegtighede by te woon vir die seremoniële stap oor die verhoog, indien omstandighede rakende Covid-19 dit toelaat.

Hertoelating tot die Universiteit in 2021

Die Universiteit besluit om alle studente wat in 2020 ingeskryf het, hertoelating tot hul akademiese programme in 2021 te gee –dit wil sê, ongeag van hul akademiese prestasie, sal hierdie studente nie uitgesluit word van die voortsetting van hul akademiese programme aanstaande jaar nie. Hierdie reëling geld nie vir studente wat in vorige jare akademies uitgesluit is nie –hierdie studente moet steeds aansoek doen vir hertoelating tot die Universiteit in 2021.

Heraansoeke vir koshuise sal middel-Mei op die studente-portaal open en op 31 Julie sluit. Die Koshuisplasingsbeampte sal 'n herinnering hieraan aan alle studente in koshuise stuur. Neem asb kennis van die sperdatum en verseker dat jy betyds aansoek doen. Meer inligting oor die herplasing van studente in koshuise sal verskaf word sodra ons die toepaslike aansoekinligting beskikbaar het.

Studentegelde

Die Universiteit Stellenbosch oorweeg tans die volle uitwerking van COVID-19 op klas-en koshuisgelde. Ons is bewus van die finansiële druk wat ons studente en hul gesinne gedurende hierdie moeilike tydperk beleef. Aangesien daar baie onsekerhede is, was ons nog nie in staat om ’n akkurate waardebepaling te doen nie, maar ons sal met studente en hul ouers kommunikeer sodra besluite hieroor geneem is.

Studente Ondersteuning

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling (SSVO) funksioneer van 17 Maart tot 30 April 2020 virtueel. Alle sessies sal egter hoofsaaklik virtueel of telefonies voortgesit word.

Die belangrike besonderhede is:
Akademiese ondersteuning en -ontwikkeling – 021 808 4707 / studysuccess@sun.ac.za
Emosionele ondersteuning en noodgevalle – 021 808 4994 / supportus@sun.ac.za
ER24-noodlyn vir noodgevalle (dag en nag) – 010 205 3032
Besoek die SSVO-webwerf vir meer inligting.

COVID-19 Inligting en Ondersteuning

Personeel en studente wat met COVID-19 besmet is, kan Kampusgesondheidsdienste of hulnaaste gesondheidswerker kontak. Bel eers joudokter sodat hulle kan voorberei om jouveilig te ontvang. Klik hier vir al die noodnommers.

Besoek die Kampusgesondheidsdienste webwerf vir meer inligting en aanvullende hulpbronne oor COVID-19 hier.

Personeelondersteuning

Die Kampusgesondheidsdiens lewer verskillende ondersteuningsdienste aan personeel gedurende die afsluitingsperiode. Kontak die volgende nommers hier:

Kampusgesondheidsdiens
Anneke van Heerden
021 808 3496
acvanheerden@sun.ac.za
Ná ure noodnommer: 076 431 0305

Menslike Hulpbronne: Welwees
Shibu Mamabolo
079 011 836
shibu@sun.ac.za

Eksterne berader
Dr David Fourie
082 852 1305
dpfourie@telkomsa.net