Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
CIRCoRe-konferensie: Sperdatum vir indiening van opsommings verleng tot 29 April 2024

Die Universiteit Stellenbosch (US) bied binnekort ’n konferensie, getiteld “Kontroversie oor die gebruik van ras en ander menslike kategoriserings in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor”, aan. Hierdie konferensie word van 12 tot 13 Junie 2024 by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) gehou en word deur die CIRCoRe-werkstroom IV: Ras, Menslike Kategorisering en Wetenskap (RMKW) gereël.

Die konferensie het ten doel om die saak vir die gebruik van menslike groepbeskrywers in die wetenskappe te ondersoek met die fokus op die gebruik van ras en die gepaardgaande probleme. Dit sluit probleme soos die twyfelagtige gebruik van ras in verskillende vakkundige omgewings in die sosiale en natuurwetenskappe van antropologie tot forensiese wetenskap in. Die konferensie wil verder ook die rol van verouderde sienings oor mense en hulle groeperings in die voortbestaan van wetenskaplike rassisme in Suid-Afrika ondersoek.  

Besonderhede: 
12-13 Junie 2024
09:00-17:00
STIAS-konferensiesentrum, Stellenbosch

Navrae: rhcs@sun.ac.za

Versoek vir die indiening van referate
Klik hier om na die versoek vir die indiening van referate te gaan.

Indiening van opsommings 
Sperdatum vir indiening: 29 April 2024 
Bekendmaking van aanvaardings: 10 Mei 2024
Rig voorleggings aan die reëlingskomitee van die RMKW-konferensie by die volgende e-posadres: rhcs@sun.ac.za.

Registrasie en koste
  • Voltydse akademiese personeel by 'n Suid-Afrikaanse universiteit: R1 500
  • Postdoktorale genote, studente, deeltydse akademiese personeel en navorsingsgenote: R1 000
  • Nie-akademiese personeel: R1 000
  • Algemene publiek: R1 000
Daar is 'n beperkte aantal sitplekke beskikbaar vir hierdie konferensie. Betalingsbesonderhede sal aan suksesvolle aansoekers gestuur word.