Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nadoktorale navorsingsgenote aan Suid-Afrikaanse openbare universiteite: Hoofbevindings van ʼn nasionale studie
Begin: 20/05/2024, 16:00
Einde: 20/05/2024, 17:00
Kontak:Rene Kotze -
Plek: Neelsie Cinema and Online

​Oor die afgelope paar jaar het die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor toenemend in nadoktorale navorsingsgenote ('genote') as ʼn beduidende menslikehulpbronvermoë belê. Tot op hede was ons aktuele kennis van hierdie genote op ʼn nasionale vlak egter beperk. Hierdie aanbieding sal die hoofbevindings van die eerste nasionale studie van nadoktorale navorsingsgenote aan Suid-Afrikaanse openbare universiteite, wat deur die Sentrum vir Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie aan die Universiteit Stellenbosch uitgevoer is, uitlig. Die studie het bestaan uit ʼn nasionale opname van nadoktorale navorsingsgenote, aangevul deur institusionele data-invordering, ʼn bibliometriese studie, beleidsgesprekke en ʼn ontleding van die bestaande data en beleidsdokumente. Die aanbieding sal ʼn wye verskeidenheid onderwerpe dek, deur te begin by tendense in die aantal en profiel van nadoktorale navorsingsgenote, en dan aan te beweeg na hulle voorafgaande loopbaantrajekte en redes vir die aanvaarding van die posisie; finansiering en diensvoorwaardes; publikasie-uitsette; onderrig en studieleiding van studente; en hulle assessering van hulle posisies en studieleiers. Ten slotte sal hulle planne ten opsigte van loopbane en migrasie bespreek word. Die bewyse en aanbevelings wat voorsien word, sal vir studieleiers, gashere en finansierders van nadoktorale navorsingsgenote van nut wees in hulle poging om die potensiaal van hierdie belangrike groep opkomende vakkundiges ten volle te verwesenlik.

Meer besonderhede: https://bit.ly/3WrttH7​