Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vasvra-aand: Kom toets jou kennis
Begin: 16/05/2024, 18:00
Einde: 16/05/2024, 20:00
Kontak:Viwe Benxa -
Plek: Alumni Clubhouse / Die Stal

Maak gereed om jou kennis te toets en sluit by ons aan vir ʼn opwindende vasvra-aand! Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou en jou kollegas uit na ʼn aand vol pret, kopkrappers en vriendelike mededinging.

Hierdie geselligheid is ʼn fantastiese geleentheid om weer op die hoogte te kom met kollegas, nuwe mense te ontmoet en herinneringe te deel.

Besonderhede van geleentheid:
Wanneer: Donderdag 16 Mei 2024
Plek: Alumni-klubhuis (Die Stal)
Tyd: 18:00
Koste: ʼn Tafel vir ses (6) kos R500. Vir individue of groepe wat te klein is vir ʼn tafel, is die koste R100 per persoon. (Jou bespreking sluit ʼn verwelkomingsdrankie en pizza in. Bykomende drankies sal by die kontantkroeg aangekoop kan word.)
Alle opbrengste sal geskenk word aan die #Move4Food-inisiatief wat deel uitmaak van ons #BridgeTheGap-jaarfonds.

RSVP: Stuur 'n e-pos na vbenxa@sun.ac.za om jou plek te bespreek teen Maandag 13 Mei 2024.

Die eerste drie tafels sal pryse ontvang en lukrake pryse sal ook deur die loop van die aand uitgedeel word.  

As jy nie daar kan wees nie, kan jou bydrae steeds 'n verskil maak! Skenk gerus hier