CIRCoRe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Komitee vir die Institusionele Reaksie op die (Khampepe-) Kommissie se Aanbevelings (CIRCoRe)​

CIRCORE-KONFERENSIE

Kontroversie oor die gebruik van ras en ander menslike kategoriserings in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor

Die Universiteit Stellenbosch (US) bied in Junie 'n konferensie aan getiteld “Kontroversie oor die gebruik van ras en ander menslike kategoriserings in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor". Hierdie konferensie word van 12-13 Junie 2024 by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) gehou en word deur die CIRCoRe-werkstroom: Ras, Menslike Kategorisering en Wetenskap (RMKW) gereël. 

Die konferensie het ten doel om die saak vir die gebruik van menslike groepbeskrywers in die wetenskappe te ondersoek met die fokus op die gebruik van ras en die gepaardgaande probleme. Dit sluit probleme soos die twyfelagtige gebruik van ras in verskillende vakkundige omgewings in die sosiale en natuurwetenskappe van antropologie tot forensiese wetenskap in. Die konferensie wil verder ook die rol van verouderde sienings oor mense en hulle groeperings in die voortbestaan van wetenskaplike rassisme in Suid-Afrika ondersoek.

 

BESONDERHEDE

Datum: 12-13 Junie 2024
Tyd: 09:00-17:00
Plek: STIAS-konferensiesentrum, Stellenbosch (https://stias.ac.za/contact/)
Navrae: rhcs@sun.ac.za

 

TEMA EN UITEENSETTING VAN DIE ONDERWERP

 

INDIENING VAN OPSOMMINGS

 

REGISTRASIE EN KOSTE

  • Voltydse akademiese personeel by 'n Suid-Afrikaanse universiteit: R1 500
  • Postdoktorale genote, studente, deeltydse akademiese personeel en navorsingsgenote: R1 000 
  • Nie-akademiese personeel: R1 000 
  • Algemene publiek: R1 000

Klik asseblief hier om vir die konferensie te registreer. ’n Beperkte aantal sitplekke is beskikbaar. Betalingsbesonderhede sal aan suksesvolle aansoekers gestuur word.


VERBLYF TYDENS DIE KONFERENSIE

Kontak asseblief die Stellenbosch-toerismekantoor vir hulp met opsies en besprekings vir verblyf tydens die konferensie.

E-pos:info@visitstellenbosch.org
Telefoon: +27 (0)21 886 4310
Webblad:https://www.visitstellenbosch.org/stay/

​​​​​​

​​​​​​​​​​​​