ENGLISH    

HERSIENING VAN DIE TAALBELEID

Taalwoordvoerder

Ten einde die diskoers oor die hersiening van die Taalbeleid te fasiliteer, is 'n taalwoordvoerder aangestel in die persoon van prof Russel Botman (toe nog in sy hoedanigheid as Viserektor (Onderrig)). Verskeie taalwoordvoerderstukke oor 'n verskeidenheid onderwerpe het die lig gesien en kan hieronder geraadpleeg word.

Hersiening van die Taalbeleid: Die nuutste besluite (2 September)
Die Uitvoerende Komitee van die US Raad (UK(R)) het rigtinggewende aanbevelings aan die US Raad gemaak oor die verdere hantering van die prosesse rakende die hersiening van die Taalbeleid aan die Universiteit Stellenbosch. In hierdie laaste artikel in die reeks oor die hersiening van die Taalbeleid aan die US, skryf prof Russel Botman, amptelike Taalwoordvoerder van die Universiteit, toeligtend hieroor.

US-rektor betrek Konvokasie-bestuur by taalproses (1 Julie)
Die Taaltaakgroep van die Universiteit Stellenbosch (US) sou Maandag 26 Junie 2006 by ‘n geskeduleerde vergadering die Universiteitsraad se goedkeuring vra vir die Konseptuele Raamwerk vir ‘n hersiene taalbeleid wat hulle opgestel het. Die doel van die raamwerk is om rigtinggewend te wees en die breë riglyne vas te maak waarbinne die  nuwe Taalbeleid en –plan ontwikkel kan word. Prof Chris Brink, Rektor en Visekanselier, het egter besluit om nie voort te gaan met ‘n stemming oor die taakgroep se raamwerk nie om die Konvokasiebestuur ruim geleentheid te bied om ook ‘n konseptuele raamwerk te ontwikkel, skryf prof Russel Botman, Taalwoordvoerder van die US.

Taaltaakgroep oorweeg insette (17 Junie)
As deel van die proses van hersiening van die Universiteit se Taalbeleid en -plan vra die Taaltaakgroep van tyd tot tyd insette van verskillende rolspelers, waaronder instansies binne die Universiteit self, personeel, studente en natuurlik ook die breë publiek. Tot op datum het die Taaltaakgroep 64 voorleggings van individue en instansies ontvang, skryf prof Russel Botman, Taalwoordvoerder van die Universiteit Stellenbosch (US).

Konseptuele raamwerk vir ’n hersiene taalbeleid (3 Junie)
Die Taaltaakgroep wat die hersiening van die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid behartig, werk volgens ’n gedetailleerde projekplan wat onder meer bepaal dat hulle teen einde Junie vorendag moet kom met voorstelle vir ’n konseptuele raamwerk vir ’n hersiene taalbeleid. So ’n konseptuele raam¬werk is gister aan die Senaat van die US voorgelê, skryf prof Russel Botman, Taalwoordvoerder van die Universiteit.

Afrikaans aan die US (20 Mei 2006)
Die Taaltaakgroep het raadslede by die pasafgelope vergadering van die Universiteitsraad ingelig oor `n bemagtigingsproses in die bruin Afrikaanse gemeenskap wat in samewerking met gemeenskaps- en opvoedkundige leiers, en ander vennote geloods gaan word. Dit het deel uitgemaak van prof Russel Botman, Taalwoordvoerder en prof Leon de Stadler, Projekleier van die Taaltaakgroep, se verslag oor die taalsituasie by die Universiteit en die proses van hersiening van die Taalbeleid. In meegaande artikel skryf prof Botman meer hieroor.

Hoe vorder die hersiening van die Taalbeleid? (6 Mei 2006)
Waar staan die taalhersieningsproses nou? Sedert die aanwysing van die Taaltaakgroep om die Taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch (US) te hersien, vra belanghebbendes hierdie vraag met afwagting. In meegaande artikel verskaf prof Russel Botman, Taalwoordvoerder van die US, meer inligting oor die bedrywighede van die Taakgroep en wat intussen bereik is.

US en die bevordering van Afrikatale (22 April 2006)
Die bevordering van isiXhosa as akademiese taal is `n onderneming waarmee die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) groot erns maak. In meegaande artikel verskaf prof Russel Botman, Taalwoordvoerder van die US, `n blik op wat op grondvlak gedoen word om hierdie strewe te verwesenlik en hy kyk ook na die US se verbintenis tot die ontwikkeling van Afrikatale in die breë.

 

Sò gaan US se taalbeleid hersien word (18 April 2006)
Hoe gaan die Taaltaakgroep wat gemoeid is met die hersiening van die Taalbeleid van die US te werk? Dit is die een vraag wat sedert die aankondiging oor die hersiening van die Taalbeleid met reëlmaat gevra word. In meegaande artikel verskaf prof Russel Botman, Taalwoordvoerder van die US, van die antwoorde.

Ons strewe na `n verantwoordbare middelgrond (24 Maart 2006)
Om `n taalbeleid te skep en in stand te hou vir `n universiteit wat in `n meertalige konteks moet oorleef, is geen eenvoudige saak nie. `n Mens kan kwalik hierdie vraag in `n rubriek van hierdie aard volledig antwoord maar enkele uitgangspunte behoort bietjie meer lig op die saak te werp, skryf prof Russel Botman, Taalwoordvoerder van die Universiteit Stellenbosch (US).

Wat is die akademiese gronde vir die US-taalbesluite? (11 Maart 2006)
Verlede jaar het die Universiteit Stellenbosch nà vele behoorlike oorweging besluit om die T-opsie in een van haar tien fakulteite, die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, uit te brei na die derde jaar (die opsie was reeds in gebruik in die eerste en tweede jaar van studie). Hierdie besluit het `n behoorlike geskarrel veroorsaak en die indruk geskep dat die Universiteit nou `n volledige dubbelmedium-universiteit sou word en dat dit die doodsklok vir Afrikaans lui, skryf prof Russel Botman, taalwoordvoerder van die US.

Rol van taalwoordvoerder- Maties volg inklusiewe proses (24 Februarie 2006)
Die hersiening van die US se taalbeleid is `n belangwekkende proses vir die breë universiteitsgemeenskap. In hierdie artikel - die eerste van `n tweeweeklikse reeks wat daarop gemik is om alle rolspelers op die hoogte te hou van die verloop en vordering van die hersieningsproses - spreek prof Russel Botman, die taalwoordvoerder van die US, `n paar pertinente vrae aan oor die rasionaal en uitgangspunte van die taaltaakgroep wat onder sy oorhoofse leiding die proses dryf.

 
Alle regte voorbehou © 2007 - 2011 Universiteit Stellenbosch
Privaat Sak X1, Matieland, 7602, Suid-Afrika
Tel.: +27 21 808 9111